duimnael|Detail van ’n ivoorplaat wat die Sed-fees van die 1ste-dinastiese farao Den uitbeeld. Die Sed-fees (Egipties: ḥb-sd, ook bekend as Heb Sed) was ’n seremonie in Antieke Egipte waarmee die lang bewind van ’n farao gevier is. Die naam kom van die Egiptiese wolfgod, Wepwawet of Sed.Shaw, Ian. Exploring Ancient Egypt. Oxford University Press. 2003. . bladsy 53

Die antieke fees is vermoedelik in die plek van die rituele moord van die vroeëre farao's ingestel wat weens ouderdom of siekte nie meer in staat was om doeltreffend te regeer nie.Cottrell, Leonard. The Lost Pharaohs. Evans, 1950. bladsy 71. Eindelik was Sed-feeste die viering van die 30-jarige bewind van ’n farao; daarna is dit gewoonlik elke drie jaar gehou. Die doel daarvan was om die farao se krag en stamina te hernu terwyl hy nog regeer het en sy voortgesette sukses te vier.

Verwysings

Kategorie:Antieke Egipte Kategorie:Feesdae