Pepi I (bewind 2332–2283 v.C.) was die derde Egiptiese farao van die 6de Dinastie. Sy eerste troonnaam was Neferdjahor, maar hy het dit later verander na Merire ("die geliefde van Ra".Nicolas Grimal, A History of Ancient Egypt, (Blackwell Books: 1992), p.84

Familie duimnael|links|220px|’n Standbeeld van ’n knielende Pepi I, omstreeks 2338-2298 v.C. (Brooklyn-museum). Pepi was die seun van Teti en Iput, die dogter van Oenas, die laaste farao van die vorige dinastie. Hy het die steun van magtige individue in Bo-Egipte nodig gehad teen sy broer, die troonrower Oeserkare, wat sy pa vermoor het, sodat hy sy regmatige plek op die troon kon terugkry. Dié mense sou daarna ’n sterk teenwoordiging in sy hof bly.

Bewind Pepi I se bewind is gekenmerk deur ’n aggressiewe uitbreiding in Nubië in, handel met verafgeleë gebiede soos Libanon en Somalië, maar ook die groeiende mag van die adel. Sy dodekompleks, Mennefer Pepi, het ná die 18de Dinastie die naam geword van die hele stad Memphis.Grimal, p.84

Die agteruitgang van die Ou Ryk het waarskynlik in Pepi se tyd begin, met nomarge (streeksverteenwoordigers) wat al hoe magtiger geword het. Pepi I is met twee susters getroud – Anchesenpepi I en II – die dogters van ’n adellike van Abydos. Hulle het albei seuns gehad wat later farao's sou word.

Verwysings

Eksterne skakels "The South Saqqara Stone: Sixth Dynasty Annals"

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Farao's van Egipte Kategorie:Sterftes in die 23ste eeu v.C.