Szeged (uitgespreek [ˈsɛɡɛd]; Duits: Szegedin, Roemeens: Seghedin, Kroaties: Segedin, Serwies: Segedin/Сегедин) is 'n stad in suidoostelike Hongarye, naby die grens met Serwië en Roemenië geleë.

Geskiedenis Etimologie Daar bestaan 'n meningsverskil oor die etimologie van die stadsnaam. Die naam kan uit die Hongaarse woord vir eiland (sziget) aflei wees. Nog 'n voorstel is dat die naam uit die ou Hongaarse woord szeg (beteken "hoek") kom, wat kan na die draai in die Tisza-rivier verwys.

Die oorspronklike Hongaarse naam vorm ook die basis vir benamings in 'n reeks Europese tale soos Duits Szegedin/Segedin; Roemeens Seghedin; Kroaties Segedin; Serwies Segedin/Сегедин; Bulgaars, Wit-Russies, Russies en Oekraïens Сегед; Italiaans Seghedino; Latyns Partiscum; Pools Segedyn; Turks Segedin; Slowaaks Segedín; Lets Segeda en Litaus Segedas.

Stigting Die eerste geskrewe verwysings na Szeged dateer uit die jaar 1183. Gedurende die Mongoolse inval (12de eeu) is die stad verwoes, maar is daarna herbou.

20ste eeu

Demografie Tale (2001): Hongare (93,5%), Roma/Sigeuners (0,7%), Duitsers (0,5%), Serwiërs (0,2%), . Godsdiens (2001): Rooms-Katoliek (54,5%), Ateïs (21,8%), Calvinisties (6,7%), Luthers (1,6%), Grieks-Ortodoks (0,6%).

Susterstede Darmstadt, Duitsland Cambridge, Verenigde Koninkryk Nice, Frankryk Subotica, Serwië Timişoara, Roemenië Turku, Finland

Eksterne skakels www.szegedvaros.hu - die stad se amptelike webwerf

Kategorie:Nedersettings in Hongarye