Die Eland is 'n ligte pantserkar wat gebaseer is op die Panhard AML90. Dit is in Suid-Afrika ontwerp en gebou vir langafstandverkenning, en is toegerus met óf 'n 60 mm sluitstuklaaimortier of 'n Denel 90 mm tenkafweerkanon op 'n baie kompakte onderstel.Bell, Kelly. Operation Savannah: Task Force Zulu & the Rommel of Angola. Modern War, 2006, Volume 1 Issue 4 p. 45. Alhoewel slegs lig gepantser, maak die voertuig se permanente 4x4 aandrywing dit vinniger oor plat terrein as die meeste tenks.
Inleiding duimnael|links|Lande wat die Eland gebruik; Suid-Afrika in rooi aangesien hulle dit nie meer gebruik nie Die Eland was vir die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) ontwikkel in Suid-Afrika se eerste groot wapenprogram sedert die Tweede Wêreldoorlog, met prototipes wat in 1963 voltooi is. Teen 1991 is 1600 eksemplare gebou vir plaaslike gebruik asook uitvoer; prominente buitelandse gebruikers het ingesluit Marokko en Zimbabwe. Plaaslike opknapping is gedoen aan die hand van lesse geleer uit interne bedrywighede en het gelei tot 'n voertuig wat geskik was vir die ongenaakbare Suider-Afrikaanse omgewing asook die hoogsmobiele operasionele styl van die SAW.
Agtergrond Die Eland was vir byna drie dekades lank die steunpilaar van die Suid-Afrikaanse Pantserkorps, hoewel SAW-amptenare reeds in 1968 hul vervanging of aanvulling bespreek het met iets meer geskik om tenkoorlogvoering teë te werk namate die vooruitsig op konvensionele militêre konflik in Suider-Afrika toenemend waarskynliker geword het.Warwick, Rodney. Operation Savannah: A Measure of SADF Decline, Resourcefulness, and Modernisation. Scientia Militaria, 2012, Volume 40 Issue 3 p. 364-377. In daardie jaar het die pantserkorps 'n uitvoerbaarheidstudie onderneem om die Eland met 'n groter, meer beweeglike en swaarder gewapende voertuig te vervang. Terwyl erken is dat die Eland voldoende was vir grenspatrollie en teeninsurgensie, was Suid-Afrikaanse strateë ook bekommerd dat dit nie geskik was vir konvensionele slagvelde nie. Tydens 'n oefenlopie om 'n buitelandse inval in Suidwes-Afrika te simuleer, het die SAW bevind dat die Eland-90 drie groot nadele het: hy het geen loopgraafvermoë nie, beweging in die veld was beperk deur sy vier wiele en hoë grondhoogte, en die kanon van 90 mm was op lang afstand oneffektief teen vyandige wapens.
Die betroubaarheid van die Eland het ook onder skoot gekom: byna die helfte van die pantservoertuie in die eskader was op die een of ander tyd onbruikbaar as gevolg van enjinfalings. Hierdie beperkinge het die behoefte aan die ontwikkeling van 'n nuwe Elandmerk beklemtoon, wat verder aangepas sou word vir Suider-Afrikaanse toestande.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Suid-Afrikaanse Weermag Kategorie:Wapentuig Kategorie:Militêre voertuie