Panay is een van die groter eilande van die Filippyne. Die eiland lê in die middelste eilandgroep, genaamd Visayas. Volgens die laatste amptelike volkstelling van 2010 het Panay ongeveer 4,0 miljoen inwoners op 'n oppervlakte van 12 011 km². Die provinsies Antique, Aklan, Capiz en Iloilo is hier geleë. Die mees prominente stad van die eiland is Iloilo Stad, die hoofstad van Iloilo. Hierdie stad is tewens die sentrum van die streek Western Visayas.

Eksterne skakels

Kategorie:Eilande van die Filippyne