8 Desember is die 342ste dag (343ste in 'n skrikkeljaar) van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar bly nog 23 dae in hierdie jaar oor.

Gebeure 1700 – Pous Clemens XI word gekroon deur kardinaal Benedetto Pamphili. 1854 – Pous Pius IX verklaar die dogma dat die Maagd Maria sondevry gebore is. 1869 – Pous Pius IX open die Eerste Vatikaanse Konsilie. 1880 – Die Paardekraal-volksvergadering vind plaas in die huidige Krugersdorp. 1881 – Die Ringtheaterbrand breek in Wene uit en 384 mense sterf. 1907 – Koning Gustav V van Swede bestyg die Sweedse troon. 1914 – Eerste Wêreldoorlog: Die Slag van die Falkland-eilande vind plaas. 1941 – Die Verenigde State verklaar oorlog teen Japan. In antwoord, verklaar Duitsland oorlog teen die VSA. 1941 – Die eerste gebruik van gas teen die Jode deur die Nazis vind plaas in die Chelmno-kamp naby Łódź. 1949 – Die hoofstad van die Republiek van China word vanaf Nanjing na Taipei, Taiwan toe verskuif. 1976 – Die Eagles stel die Hotel California-album vry, een van die grootse verkopers van alle tye. 1980 – Mark David Chapman vermoor die voormalige Beatle John Lennon. 1982 – Die Desember-moorde vind in Suriname plaas. 1991 – Leiers van Rusland, Belarus en die Oekraïne vergader om die Sowjetunie te ontbind en stig die Gemenebes van Onafhanklike State. 1993 – Die Noord-Amerikaanse Vrye Handelsooreenkoms word gewettig deur die VSA-president, Bill Clinton. 2008 – Handves 08 'n internetversoekskrif waarin politieke hervorming in die Volksrepubliek China geëis word, word in die land gepubliseer. 2013 – Metallica tree op in Antarktika, wat hulle die eerste musiekgroep maak wat op al 7 kontinente opgetree het.

Geboortes 65 v.C. – Quintus Horatius Flaccus, Romeinse digter († 8 v.C.). 1542 – Maria I van Skotland, Koningin van Skotland († 1587). 1724 – Claude-Bénigne Balbastre, Franse komponis, orrelis en klavierspeler († 1799). 1799 – Hans Dons de Lange, Voortrekkerverkenner († 1861). 1861 – Georges Méliès, Franse filmpionier, filmregisseur, teatertowenaar en akteur († 1938). 1864 – Camille Claudel, Franse beeldhoudster († 1943). 1865 – Jean Sibelius, Finse komponis († 1957). 1890 – Bohuslav Martinů, Tsjeggiese komponis († 1959). 1901 – F.W. Boonzaier, Afrikaanse dramaturg († 1963). 1913 – Sir De Villiers Graaff, leier van die Verenigde Party (1956 tot 1977) († 1999). 1925 – Sammy Davis Jr., Amerikaanse akteur, sanger († 1990). 1930 – Maximilian Schell, Oostenryks-Switserse akteur, filmregisseur, skrywer († 2014). 1940 – Louis Wilsenach, Suid-Afrikaanse skilder, digter, sendeling en baanbreker in die advertensiewese († 2020). 1943 – Jim Morrison, Amerikaanse sanger van die groep The Doors († 1971). 1946 – John Rubinstein, Amerikaanse akteur, komponis. 1952 – Patrick McKenzie, Suid-Afrikaanse politikus uit die bruin gemeenskap. 1966 – Sinéad O'Connor Ierse sanger en musikant († 2023).

Sterftes 1681 – Gerard ter Borch II, Nederlandse kunsskilder (* 1617). 1859 – Thomas de Quincey, Engelse skrywer, essayis en literêre kritikus. (* 1785). 1864 – George Boole, Engelse wiskundige (* 1815). 1895 – Théodore Hersart de la Villemarqué, Bretonse skrywer (* 1815). 1903 – Herbert Spencer, Engelse filosoof (* 1820). 1907 – Koning Oscar II van Swede (* 1829). 1933 – Karl Jatho, Duitse vliegtuigpionier en uitvinder (* 1873). 1954 – Ernest Brown Babcock, Amerikaanse plantgenetikus (* 1877). 1978 – Golda Meir, voormalige eerste minister van Israel (*1898). 1980 – John Lennon, Britse sanger en liedjieskrywer van die The Beatles (* 1940). 1994 – Antônio Carlos Jobim, Brasiliaanse liedjieskrywer, komponis en sanger (* 1927). 2016 – John Glenn, Amerikaanse ruimtevaarder, politikus en Marinierskorpsvegvlieënier (* 1921). 2019 – René Auberjonois, Amerikaanse akteur en regisseur (* 1940). 2023 – Ryan O'Neal, Amerikaanse akteur (* 1941).

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Feesdag van Pous Eutichianus in die Rooms-Katolieke Kerk. Feesdag van Onbevlekte Ontvangenis van Maria in die Rooms-Katolieke Kerk.

Kategorie:Desember