DVD-Video is die opvolger van die CD-Video- en VHS-formaat en het danksy verbeterde digitale beeld- en klankkwaliteit die gewildste medium vir tuisteaterstelsels geword. Die DVD-Video-formaat baseer op die DVD-ROM. Die maksimale speeltyd van 'n DVD-rolprent varieer na gelang van die tipe DVD-ROM waarop dit gestoor word; tweesydige DVD-Video's met twee lae op elke sy het 'n verlengde speeltyd van sowat agt ure.
Gebiedskodes (regional codes)
Die Amerikaanse rolprentnywerheid behou die reg voor om films in die buiteland op 'n later tyd vry te stel as in Noord-Amerika. By die invoering van die DVD-formaat vir rolprente dring die filmateljees daarop aan dat gebiedskodes op die skywe gestoor word, wat die gebruik van die DVD tot die ooreenstemmende gebied beperk. duimnael|regs|200px|Die gebiedskodes van die DVD-Video
Kode Gebied 1 VSA, Kanada en VSA-besittings 2 Europa, Groenland, Suid-Afrika, Japan, Egipte en Midde-Ooste 3 Suidoos-Asië, Suid-Korea, Hongkong, Indonesië, Filippyne, Republiek van Sjina 4 Australië, Nieu-Seeland, Mexiko, Sentraal-Amerika, Suid-Amerika 5 Rusland en GOS-lande, Oos-Europa, Indië, Afrika 6 Volksrepubliek van Sjina 7 Gereserveer vir toekomstige gebruik8 Internasionale terreine, soos byvoorbeeld op skepe en in vliegtuie
DVD-tipes, stoorkapasiteit en video-speeltyd
DVD-tipe Lae Stoorkapasiteit Video-speeltyd DVD-5 een laag 4,7 GB 120 minute DVD-9 dubbellaag 8,54 GB 240 minute DVD-10 een laag 9,4 GB 270 minute DVD-14 een of twee lae 13,24 GB 360 minute DVD-18 twee lae 17 GB 480 minute
Kategorie:DVD Kategorie:Elektroniese verbruikersware
bg:DVD#DVD-Video