20 Desember is die 354ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (355ste in skrikkeljare). Daar volg nog 11 dae in die res van die jaar.
Gebeure 1046 – Die begin van die sinode van Sutri waartydens Pous Silvester III en Pous Gregorius VI afgeset word. 1254 – Pous Alexander IV word gekroon. 1334 – Pous Benedictus XII volg Pous Johannes XXII op. 1448 – Pous Nicolaas V stel ses nuwe kardinale aan waaronder sy halfbroer Filippo Calandrini. 1483 – Johann Snell druk die eerste boek in Swede, die Dialogus creaturarum ('n versameling van fabels). 1518 – Gian Pietro Carafa (later Pous Paulus IV) word aartsbiskop van Brindisi. 1527 – Pous Clemens VII stel Francesco Comaro senior, 'n patrisiër uit Venesië, aan as kardinaal. 1538 – Pous Paulus III stel nog 6 nuwe kardinale aan. 1555 – Pous Paulus IV stel nog 7 nuwe kardinale aan. 1589 – Pous Sixtus V stel vier nuwe kardinale aan waaronder Charles III de Lorraine-Vaudémont, verkose biskop van Metz. 1712 – Slag van Gadebusch tydens die Groot Noorse Oorlog. 1724 – Pous Benedictus XIII stel Prospero Marefoschi, titulêr aartsbiskop van Cesarea en Agostino Pipia, O.P.,verkose biskop van Osimo aan as kardinale. 1737 – Pous Clemens XII stel sewe nuwe kardinale aan, waaronder Carlo Rezzonico (later Pous Clemens XIII). 1759 – Pous Clemens XIII publiseer "Appentente Sacro" – oor die geestelike voordele van vas. 1803 – Die aankoop van Louisiana voltooi. 1808 – Begin van die tweede beleg van Zaragoza tydens die Spaanse Onafhanklikheidsoorlog. 1812 – Die Grimm broers publiseer die eerste uitgawe van hulle "Kinder- und Hausmärchen". 1824 – Pous Leo XII stel Pedro de Inguanzo y Rivero, aartsbiskop van Toledo en Ludovico Micara, O.F.M.Cap. aan as kardinale. 1838 – Vier dae na die slag van Bloedrivier bereik die Voortrekkers uMgungundlovu wat deur Dingaan verlaat en aan die brand gesteek is. 1860 – Suid-Carolina skei van die Verenigde State van Amerika af, wat lei tot die Amerikaanse Burgeroorlog. 1879 – Achille Ratti (later Pous Pius XI) word priester. 1880 – Eerste Vryheidsoorlog: Die Slag van Bronkhorstspruit vind plaas. 1901 – In Stockholm word die eerste Nobelprys toegeken. 1914 – Jopie Fourie, kommandoleier van die rebellie tydens die Maritz-rebellie, word per vuurpeloton tereggestel nadat hy aan hoogverraad skuldig bevind is. 1917 – Die Tsjeka, die Russiese geheimediens word gestig. 1952 – Die tweede selakant word by Anjouan in die Comore-eilande gevang. 1957 – Die Boeing 707 onderneem sy nooiensvlug. 1990 – Na die hervereniging van Duitsland sit die Duitse parlement ("Bundestag") vir die eerste keer na die Tweede Wêreldoorlog weer in Berlyn. 1995 – NAVO begin vredebewaring in Bosnië en Herzegowina. 1999 – Die voormalige Portugese kolonie Macau word weer deel van die Volksrepubliek China.
Geboortes 1633 – Abbas II, Sjah van Persië († 1666). 1866 – Ds. P.G.J. Meiring, leraar van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en redakteur van die Kerk se weekblad, die Kerkbode († 1938). 1874 – Mary Ann Bevan, Britse byvertoningakteur en verpleegster († 1933). 1920 – Vlasta Depetrisová, vroue-tafeltennisspeler uit Tsjeggo-Slowakye († 2003). 1922 – Charita Bauer, Amerikaanse aktrise († 1985). 1927 – Kim Young-sam, Suid-Koreaanse politikus en sewende president van dié land († 2015). 1938 – Jacob de Villiers, Suid-Afrikaanse boer, politikus en kabinetsminister. 1938 – Edwill van Aarde, Suid-Afrikaanse televisie-, radio-omroeper en sportkommentator († 2024). 1948 – Dame Mitsuko Uchida, klassieke pianis en dirigent. 1954 – Jay Naidoo, Suid-Afrikaanse aktivis, politikus en kabinetsminister. 1956 – Mohamed Ould Abdel Aziz, Mauritaanse generaal. 1966 – Paul Ritter, Britse akteur († 2021). 1983 – Lucy Pinder, Engelse fotomodel en aktrise.
Sterftes 69 – Vitellius, Romeinse keiser (* 15). 217 – Pous Zefirinus, biskop van Rome en die vyftiende pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 1552 – Katharina von Bora, Duitse adellike en eggenote van Martin Luther (* 1499). 1679 – Johan Maurits van Nassau, Nederlandse veldmaarskalk, vors van Nassau-Siegen en goewerneur van Nederlands-Brasilië (* 1604). 1722 – Keiser Kangzi van China (* 1654). 1914 – Jopie Fourie, Boerekryger in die Tweede Vryheidsoorlog (* 1878). 1940 – Manie Maritz, boeregeneraal en leier in die Rebellie van 1914 (* 1876). 1968 – Max Brod, Oostenrykse skrywer, vertaler en komponis (* 1884). 1968 – John Steinbeck, Amerikaanse skrywer en Nobelpryswenner (* 1902). 1976 – Walter Fitzgerald, Engelse akteur (* 1896). 1982 – Arthur Rubinstein, Poolse pianis (* 1887). 1985 – Olaf Andresen, Duitsgebore Afrikaanse liedjieskrywer (* 1902). 1996 – Carl Sagan, Amerikaanse sterrekundige, astrofisikus, kosmoloog en skrywer (* 1934). 2009 – Brittany Murphy, Amerikaanse aktrise (* 1977). 2013 – Merwede van der Merwe, TV-persoonlikheid en kampvegter vir Afrikaanse musiek (* 1947). 2022 – Henk Rall, Afrikaanse skrywer en digter (* 1938).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
Kategorie:Desember