duimnael|400px|Lande en afhanklike gebiede waar Kersfees 'n openbare vakansiedag is, hetsy op 24/25 Desember of 6/7 Januarie. Die kleurskakering dui op die aantal vakansiedae duimnael|400px|Donkerbruin – lande wat Kersfees op 25 Desember of 7 Januarie nie as 'n openbare vakansiedag erken nie. Ligbruin – lande wat Kersfees nie as 'n openbare vakansiedag erken nie, maar sy viering toelaat. duimnael|400px|Lande volgens die gewone dag van geskenkopening:
Kersfees, vanuit Kerst, 'n Middelnederlandse naam vir ‘Christus’, en dus letterlik Christusfees , is 'n tradisionele herdenkingsdag op die Christelike kalender wat plaasvind op die vyf-en-twintigste (en ses-en-twintigste) dag van Desember en vier die geboorte van Jesus. Die presiese datum van die geboorte van Jesus is nogtans 'n onderwerp van baie bespreking (sien die artikel oor Jesus).
Volgens die Christelike evangelies het die maagd Maria geboorte geskenk aan Jesus in Betlehem, waarheen Maria en haar man Josef gereis het om vir die Romeinse sensus te registreer. Sy geboorte het volgens sy volgelinge die profesie van Judaïsme dat 'n messias uit die Huis van Dawid gebore sou word, vervul.
'n Enorme aantal gebruike met sekulêre, godsdienstige of nasionale inslag, word rondom Kersfees aangetref en wissel van land tot land. Die mees algemene tradisionele gebruike en simbole van kersfees soos die kersboom, en die gee van presente, is aangepas of oorgeneem deur Christelike sendelinge vanuit die vroeëre Joelfees, die viering van die wintersonkeerpunt. Joel was wydverspreid en gewild in noordelike Europa lank voor die aankoms van die Christendom.
Aangesien die gebruike van die Kersfees hoofsaaklik in Noordelike Europa ontwikkel het, word baie van die gebruike met die Noordelike Halfrond se winter geassosieer, waarvan die motiewe duidelik is in die versierings, asook in die Kersvader-mite.
Kersfees word ook wêreldwyd as 'n sekulêre vakansiedag gevier, insluitend lande met klein Christenbevolkings soos Japan. Hier is sekere Amerikaanse tradisies oorgeneem soos die stuur van Kersfeeskaartjies en die uitruil van geskenke. whychristmas.com: Christmas in Japan. Besoek op 25 Oktober 2017
Bybelse grondslag Die Kersverhaal duimnael|links|Kersgroep in die Gross St. Martin-kerk te Keulen, Duitsland duimnael|Drie wyse manne besoek die Jesuskind op die twaalfde nag ná sy geboorte Die storie van Christus se geboorte is oorgelewer van geslag tot geslag deur die eeue heen en is hoofsaaklik gebaseer op die evangelies van Matteus en Lukas. Die evangelies van Markus en Johannes raak skaars aan die kindwees van Jesus en dié van Matteus en Lukas verskil effens. Lukas se evangelie word meer algemeen aanvaar en is die weergawe wat meer dikwels gelees word tydens Kersfeesdienste.
Volgens Lukas het Maria ontdek dat sy swanger was deur die ingryping van die Heilige Gees sonder dat sy ooit omgang gehad het. Kort daarna het sy en haar man Josef hul huis in Nasaret verlaat om na Josef se stamvaders se tuiste, Betlehem, te gaan. Hulle het gereis met die doel om in te skryf vir die sensus wat deur die Romeinse keiser, Augustus, beveel is. Ná hulle geen kamer by die herberge in die dorp kon vind nie, het hulle in 'n stal oorgeslaap. Daar het Maria geboorte gegee aan Jesus en lê hom neer in 'n krip. Christus se geboorte in Betlehem, die huis van Dawid waarvan Josef 'n afstammeling was, het volgens Christene dan die profesie van Isak vervul. In Matteus se weergawe van gebeure was die gesin oorspronklik van Betlehem en is Jesus gebore in 'n meer beskutte omgewing voordat die gesin na Egipte gevlug het om van die moorddadige verwoesting deur die plaaslike Koning Herodus te ontvlug wat die gerugte gehoor het van die aankoms in Betlehem van 'n mededinger tot die koningskap. Matteus vertel dat toe Jesus en sy gesin na Israel teruggekeer het, hulle hulself in Nasaret gevestig het waar hulle geglo het hulle 'n meer anonieme bestaan kon voer.
Die drie wyse manne en die "Ster van Bethlehem" duimnael|links|Ster van Betlehem in die Romeinse Arena di Verona, Veneto, Italië Ander aspekte rondom die geboorte van Christus wat vanuit die evangelies na Christen-oorlewering oorgedra word is die besoek deur die drie wyse manne, en die aankondiging van Jesus se geboorte aan skaapherders in die nabyheid. Soos die wyse manne het hulle ook 'n reuse ster direk bo Bethlehem waargeneem en dit gevolg tot by die geboorteplek. Die wyse manne het uit die ooste gekom en daar word gesê dat hulle geskenke gebring het wat goud, wierook en mirre ingesluit het.
Sterrekundiges het met wisselvallige sukses probeer om die naspeurbare sterrekundige gebeure te gebruik om die verskyning van die ster-rasioneel te verduidelik. Alhoewel die "Ster van Bethlehem" deesdae meestal as 'n komeet uitgebeeld word (sommige deskundiges het vroeër vermoed dat die evangeliste na Halley se Komeet verwys het toe hulle die reusester beskryf het en beslis ook omdat hierdie soort "ster" met sy stert meer geskik is vir dekorasiedoeleindes), het baie wetenskaplikes, waaronder ook die sterrekundige Johannes Kepler in 1603, ontdek dat in die jaar 7 v.C. - een van die waarskynlike geboortejare van Jesus – danksy 'n buitengewone sterrekonjunksie die twee reuseplanete Saturnus en Jupiter dig by mekaar teen die naghemel sigbaar was en soos 'n reusester gelyk het. Pröse, Tim: Weihnachtsgeschichte. Die Geburt Christi aus heutiger Sicht: von Magiern, Ausgestoßenen und einer Geliebten. In: FOCUS nommer 52, 22 Desember 2007, bl. 108-109
Die teenstrydigheid van die verhale en die afwesigheid van enige verwysings na Christus se geboorte in die ander evangelies en die feit dat die vertellinge van Matteus en Lukas eers dekades later geskryf is, sonder bevestiging van ooggetuies, het na baie bespiegelinge gelei oor die juistheid van hierdie verslae. Christene aanvaar egter die juistheid van die Kersverhaal ten spyte van die teenstrydighede as een van die leerstellings van hul geloof.
Gedenkdatums duimnael|Kersfeesviering in 'n Armeense kerk in Kolkata, Indië Pogings om 'n datum van Jesus se geboorte vas te stel het ongeveer twee eeue na sy dood begin, toe die Katolieke Kerk sy tradisies begin vestig het. Kersfees word nou gevier op 25 Desember in die Katolieke kerk, en kerke met 'n katolieke oorsprong: die (Oosters Ortodokse kerke, Rooms-Katolieke en Protestantse kerke). Aangesien die meeste Oosters Ortodokse kerke nie die hervormings van die Gregoriaanse kalender of die hersiene Juliaanse kalender aanvaar het nie, sal hul geestelike 25 Desember tussen 1900 en 2099 op 7 Januarie val.
Die Armeense Kerk vier – in teenstelling met die westerse en Bisantynse tradisies – die "Fees van die geboorte en goddelike openbaring van ons Heer Jesus Christus" op 6 Januarie. Met dié fees word ook die doop van Jesus in die Jordaanrivier herdenk en sodoende vasgehou aan die oorspronklike Christelike feesviering soos dit vanaf die 2de eeu tot die middel van die 4de eeu gehou is. Eers daarna is die geboorte en doop van Jesus om dogmatiese redes in die weste en in die Bisantynse ritus met twee verskillende feeste herdenk. HayFM – Voice of Armenians: Warum wir Armenier Weihnachten am 6. Januar feiern
Geskiedkundige ontwikkeling duimnael|'n Adventskrans duimnael|Die ou raadsaal in Hattingen in die Duitse deelstaat Noordryn-Wesfale word jaarliks in 'n reuse-adventskalender omgeskep duimnael|Noorweë skenk jaarliks 'n kersboom vir Londen se Trafalgar-plein duimnael|Lekkergoedkieries is 'n gewilde Kersversnapering en word ook dikwels as kersversiering gebruik Die vroeë Christengemeenskap het 'n onderskeiding gemaak tussen Jesus van Nasaret se geboortedatum en die liturgiese viering van dié gebeurtenis. Gedurende die eerste twee eeue van die Christelike geskiedenis was die Kerkvaders dikwels gekant teen enige herdenking van die geboortedae van martelaars, insluitende dié van Jesus van Nasaret, aangesien dié soort feesvieringe as heidense praktyke beskou is. In plaas daarvan is gelowiges aangemoedig om heiliges en martelaars op die datum van hul martelaarsdood te herdenk wat, vanuit die oogpunt van die Kerk, as hul ware geboortedag beskou is. Encyclopædia Britannica: Christmas
Die Nuwe Testament bied geen leidraad oor Jesus se geboortedatum nie. Volgens historiese oorlewerings is 25 Desember in 221 deur die Christelike geskiedskrywer Sextus Julius Africanus (omstreeks 180–250) as Jesus se geboortedatum vasgestel en dié datum later algemeen aanvaar. Moontlik het 'n gewilde nie-Christelike Romeinse feesdag, Dies solis invicti nati ("Dag van die geboorte van die onoorwinlike Son"), wat op dieselfde datum dwarsoor die Romeinse Ryk gevier is, 'n rol by dié keuse gespeel – óf om 'n Christelike gedaante aan dié feesdag te gee, óf om gebruik te maak van dié fees se religieuse betekenis.
Met die Dies solis invicti nati is immers die wintersonstilstand as die simbool van die herlewing van die son, die verdrywing van die winter en die hergeboorte van lente en somer gevier. Nadat dié datum deur Christelike gemeenskappe algemeen as die geboortedatum van hul Verlosser erken is, het sommige Christelike skrywers begin om die hergeboorte van die son en die geboorte van God se seun gelyk te stel aan mekaar. Dit was 'n ongewone stap vir die vroeë Christelike kerk, wat hom steeds van enige heidense ritueel of geloof gedistansieer het, om juis die datum van 'n heidense feesdag vir die herdenking van Jesus se geboorte te aanvaar.
Eerder as om te poog om die gewilde heidense feeste te onderdruk, het Pous Gregorius I Christelike sendelinge toegelaat om aan hulle 'n Christelike herinterpretasie te verleen, terwyl hulle die verwante gebruike toegelaat het om voort te bestaan met min of sonder enige verandering.
'n Tweede siening oor die keuse van 25 Desember as Jesus se geboortedatum verwys na die tradisionele beskouing waarvolgens die skepping op die dag van die lentenagewening plaasgevind het. Die vierde skeppingsdag, waarop God die liggewende hemelliggame geskep het, word as die dag van die ontvangenis van Jesus beskou (25 Maart). Sodoende val sy geboortedatum – nege maande later – op 25 Desember. Christene het die geboorte van hul Verlosser eeue lank saam met sy doop in die Jordaanrivier herdenk en dus op 6 Januarie gevier.
Vanaf die 9de eeu is Kersfees met 'n besondere liturgie gevier, alhoewel die fees by verre nie dieselfde godsdienstige betekenis gekry het soos Goeie Vrydag of Pase nie. Rooms-Katolieke gemeentes vier die eerste Kersmis om middernag, terwyl in Protestantse kerkgemeentes kerkdienste by kerslig laat saans op 24 Desember gewild geraak het. Veral in Anglikaanse gemeentes word besondere kerkdienste gevier waarna as lessons and carols verwys word. Hierby hoor gemeentelede skriflesings wat die verlossingsgeskiedenis vanaf die val van Adam en Eva in die tuin van Eden tot die koms van Christus behandel en sing tussendeur kersliedere. Dié soort kerkdiens is oorspronklik deur die aartsbiskop van Kantelberg, Edward White Benson (1829–1893), aan die Universiteit van Cambridge ingevoer.
Die meeste gebruike rondom Kersfees het eers in die laaste paar eeue gewild geraak en het geen teologiese of liturgiese wortels nie. In sy werk Das Narrenschiff, wat in 1494 gepubliseer is, verwys die Straatsburgse Renaissance-humanis Sebastian Brant (1457–1521) na denneboomtakke wat as Kersversierings gebruik is. Min is bekend oor die oorsprong van die Kersboom; historiese bronne verwys eweneens na Straatsburg waar dennebome vanaf 1605 met appels versier is. 'n Silesiese hertogin betuig die gebruik van kerse vir sulke bome in 1611.