Orania is 'n outonome dorp geleë langs die Oranjerivier in die dorre Bo-Karoo van die Noord-Kaap in Suid-Afrika. Die dorp word in twee helftes verdeel deur die R369-streeksroete en lê halfpad tussen Kaapstad en Pretoria.

Die doel van die dorp is om 'n tuiste te skep vir Afrikaans en die Afrikaner-identiteit deur dié taal en kultuur in lewe te hou. Enigiemand wat homself definieer as 'n Afrikaner en identifiseer met Afrikaner-etnisiteit is welkom in Orania.

Kritici beskuldig die Orania plaaslike owerheid daarvan dat hulle die integrasie van Afrikaners in die reënboognasiekonsep afwys en dat hulle probeer om die Suid-Afrika van voor 1991 binne 'n enklawe te herskep. Die inwoners beweer egter dat hulle hul taalkundige en kulturele erfenis wil bewaar en hulself wil beskerm teen die misdaadgolf in die res van die land. Die inwoners sê ook dat hulle vervulling probeer gee aan die reg op selfbeskikking soos vervat in die Grondwet van Suid-Afrika. Die dorp se verhoudings met die Suid-Afrikaanse regering is rustig en ondanks die strewe van die gemeenskap na (meer) selfbestuur het die regering reeds Orania as wettig erken.

Orania het tydens die sensus in 2024 3 025 inwoners gehad. Meer as 120 besighede was in 2015 in Orania gevestig, waaronder een van die grootste pekanneutplantasies van Suid-Afrika en die grootste koöperatiewe bank van die land. Die dorp het sy eie geldeenheid, die Ora, en sy eie munisipale bestuur, die Orania Verteenwoordigende Raad. As gevolg van sy ongewone aard word die dorp dikwels besoek deur joernaliste en dokumentêremakers.

Doel Volgens sy stigters is die doel van Orania om 'n dorp te skep waar die bewaring van Afrikaners se kulturele erfenis plaasvind en Afrikaner-selfwerksaamheid 'n werklike praktyk is, nie net 'n idee nie. Alle werk, van bestuur tot handearbeid, word deur Afrikaners verrig; nie-Afrikanerwerkers word nie toegelaat nie, tensy hulle vaardighede het wat geen inwoner het nie. Inwoners van Orania wil nie bestuur word deur mense wat nie Afrikaners is nie. Volgens inwoners van Orania word hul kultuur in die res van die land onderdruk en hul kinders gebreinspoel om Engels te praat.

Die dorp se doel is om bestuur oor hulself te hê deur 'n meerderheid van Afrikaners in die Noordwes-Kaap te vestig. Dit sou gedoen moes word deur die vestiging van ander vergelykbare dorpe in die omstreke van Orania. As die uiteindelike doel van 'n Afrikaner-meerderheid in die gebied bereik is, kan 'n onafhanklike Afrikanerstaat tussen Orania en die weskus, ook bekend as 'n volkstaat, gestig word.

Carel Boshoff III, die stigter van Orania, het oorspronklik gedink dat na 15 jaar 60 000 Afrikaners in die beoogde gebied gevestig sou wees. Later het hy toegegee dat die meeste Afrikaners besluit het om nié na die volkstaat te skuif nie. Nietemin het hy gedink dit is noodsaaklik vir Afrikaners om hierdie opsie te behou, aangesien dit hulle veiliger as in die res van Suid-Afrika sou laat voel, en sodoende die spanning in die res van Suid-Afrika kan laat verminder. Boshoff het Orania dikwels met Israel vergelyk, wat dien as 'n toevlugsoord vir Jode vanoor die hele wêreld.

Nuwelinge sê dikwels hul besluit om te skuif na Orania is gemotiveer deur die begeerte om te ontsnap van die gewelddadige misdaad wat in die res van die land voorkom. Baie inwoners was voor hul verhuising na Orania slagoffers van misdaad. Inwoners van Orania beweer die dorp is 'n veilige omgewing waar dit byvoorbeeld nie nodig is om die deure van huise en motors te sluit nie.

Ideologiese oorsprong

duimnael|Volkstaatmodel soos voorgestel deur Avstig en die Vryheidsfront Plus. Die idee dat wit Suid-Afrikaners in 'n klein deel van Suid-Afrika moes konsentreer is in 1966 deur die Suid-Afrikaanse Buro vir Rasse-aangeleenthede (SABRA) ontwikkel. In die 1970's het SABRA die idee bepleit om Suid-Afrika in 'n statebond te transformeer, waarin bevolkingsgroepe parallel sou kon ontwikkel. So sou die verskillende etniese groepe hulself met 'n groot mate van outonomie kon bestuur, sonder dat dit ten koste van ander etniese groepe sou geskied. Dat die verskillende swart bevolkings 'n federale bedeling verwerp het, het volgens SABRA nie die einde van die Afrikaners se reg op selfbestuur beteken nie.

SABRA het vervolgens 'n model ontwikkel waarin Afrikaners volledige selfbeskikking kry, onafhanklik van Suid-Afrika. SABRA-voorsitter Carel Boshoff het die destydse planne van die wit minderheidsregering om hul mag deur middel van klein hervormings te handhaaf, beskou as gedoem tot mislukking. Boshoff het geglo dat swart meerderheidsregering onvermydelik was en daarom het hy die skepping van 'n nuwe, kleiner staat vir die Afrikanernasie ondersteun.

In 1988 het Boshoff die Afrikanervryheidstigting gestig, wat ook bekend staan as die Avstig. Die basiese beginsels van Avstig is gebaseer op die gedagtes dat 'n swart meerderheidsregering onvermydelik was en dat die wit minderheidsregering nie moreel geregverdig kon word nie. Afrikaners sou dus hul eie nasie, of volkstaat, in 'n kleiner deel van Suid-Afrika moes vorm.

Om Afrikaners die meerderheid in 'n bepaalde gebied te maak, het SABRA die beginsel van eie arbeid aanbeveel, wat vereis dat al die werk in die volkstaat deur sy eie burgers gedoen word, insluitend die ploeg van lande, vullisverwydering en tuinmaak: werk wat in die res van Suid-Afrika gewoonlik nié deur Afrikaners gedoen word nie. Volgens SABRA kan Afrikaners net die meerderheid in 'n gebied wees as Afrikaners hul eie arbeid sou doen (en dus die uitbuiting van swart Suid-Afrikaners as goedkoop arbeiders beëindig). Met so 'n meerderheid sou Afrikaners op demokratiese wyse in staat wees om beheer oor hul eie instellings te hê, en de facto 'n mate van selfbestuur verkry.

Orania as volkstaatgroeipunt Dit was die bedoeling dat Orania die beginpunt sou wees van die volkstaat, wat kon ontstaan as 'n groot groep Afrikaners na Orania sou trek en nuwe "groeipunte" (dorpe) gestig sou word. Hierdie volkstaat sou uiteindelik dorpe soos Prieska, Britstown, Carnarvon, Williston en Calvinia moes insluit en so tot die weskus strek.

Die plan van Boshoff het enige grondgebiede van die oorspronklike Boererepublieke, die Zuid-Afrikaansche Republiek en die Oranje-Vrystaat, uitgesluit. In hierdie gebiede is die huidige ekonomiese hartland van Suid-Afrika met baie natuurlike hulpbronne geleë. In plaas daarvan het Boshoff gefokus op 'n ekonomies onderontwikkelde gebied in die Noordwes-Kaap met 'n halfwoestyn-klimaat. Hierdie woestynstaat, Orandeë genoem, sou weens sy onherbergsaamheid nie deur die Suid-Afrikaanse regering gevrees of verlang word nie. Selfs voorstanders van die idee het erken dat hierdie model beduidende ekonomiese opofferings sou vereis van die Afrikaners wat na die volkstaat wou skuif.

Orania as vrystad Vanaf 2014 fokus Orania minder op die ontwikkeling van 'n volkstaat. In die twintig jaar na die stigting van die dorp is daar geen ander Afrikanernedersettings in die nabyheid van Orania of in die beoogde volkstaatgebied gevestig nie (die Afrikaner-dorp Kleinfontein is in Gauteng). Ook wil baie stedelike Afrikaners nie in 'n landelike gebied met minder dienste en geleenthede woon nie. Desondanks verloor Afrikaners in die res van Suid-Afrika deur voortgesette transformasie en demografiese veranderinge meer en meer beheer oor kulturele, sosiale, en burgerlike instellings: so is byvoorbeeld vyf van die ses Afrikaanse universiteite na 2004 ten volle verengels. Hierdie omstandighede het Orania genoop om minder te fokus op die ontwikkeling van 'n volkstaat en meer te fokus op die ontwikkeling van Orania self.

Om belangrike dienste te akkommodeer en verstedelikte Afrikaners na Orania te laat trek, sou Orania verder moes groei om oor die drumpel van sekere fasiliteite te kom. 'n Konsep van 'n landelike volkstaat het nie gewerk nie. Die doel is nou om Afrikaners in en rondom Orania te vestig, sodat Orania bepaalde sentrumdienste vir Afrikaners vanoor Suid-Afrika kan ontwikkel en akkomodeer. Om hierdie sentrumdienste, soos 'n universiteit, te kan akkomodeer, sal Orania 'n stad moet word. Hierdie nuwe visie is in 2016 amptelik aangekondig tydens die Orania Stadskonferensie in Pretoria.Orania het ontwikkelingsplan om stad te word, Maroela Media, 30 Mei 2016, besoek op 28 Julie 2016. Orania sou 'n vrystad moes wees, wat tydens sy groei de facto en de jure meer en meer beheer oor eie sake kry.Vrystede as model vir groeiende gemeenskap-selfstandigheid, Maroela Media, 1 Junie 2016, besoek op 28 Julie 2016.

Nog 'n rede vir Orania om minder te fokus op die ontwikkeling van 'n volkstaat, is omrede die term besoedel is deur misbruik deur verregse groepe.Brexit, die Volkstaat en dié se vreeslike bagasie , Orania Blog, 1 Julie 2016, besoek op 28 Julie 2016. Vir die fokus op die ontwikkeling van die gebied rondom Orania is die Hartlandstigting in 2014 gestig.Wie is die Hartlandstigting , Die Voorblad, besoek op 28 Julie 2016.

Geskiedenis duimnael|Nelson Mandela, Betsie Verwoerd en Carel Boshoff tydens Mandela se besoek aan Orania in 1995. Die gebied van Orania word sedert ongeveer 30 000 jaar gelede bewoon deur jagter-versamelaars uit die steentydperk wat 'n nomadiese leefstyl gehad het. 'n Aantal laatsteentydperk gravures dui op die aanwesigheid van die San, wat die belangrikste kulturele groep gebly het tot die tweede helfte van die agtiende eeu, met die aankoms van die wit jagters, trekboere en Griekwas. Die vroegste aanduiding van die aanwesigheid van wit mense by Orania dateer van 1762 en in die vroeë negentiende eeu het baie boere seisoenaal heen en weer oor die Oranjerivier getrek op soek na beter weiding vir hul vee. Die Rawstonekaart van 1842 toon die plaas Vluytjeskraal, waarop Orania later gebou sou word. Die eerste bekende inwoner van wat vandag Orania is, was Stephanus Ockert Vermeulen, wat die plaas Vluytjeskraal in 1882 gekoop het.

Die dorp is in 1963 gestig as Vluytjeskraal deur die Departement van Waterwese om die werkers te huisves wat besproeiingskanale van die Oranjerivierprojek verbind het met die Vanderkloofdam. Die Oranjerivierprojek was 'n skema om water te voorsien aan die semi-woestyn in die sentrale dele van Suid-Afrika. Ander soortgelyke konstruksiedorpe soos Vanderkloof en Oviston is ook gestig. Na 'n kompetisie is die naam van die dorp verander na Orania, wat 'n variasie van die Afrikaanse woord "oranje" is en verwys na die aangrensende rivier. In 1965 het Orania 56 families gehuisves. Bruin werkers wat deelgeneem het aan die konstruksieprojek het in 'n aparte area genaam Grootgewaagd gewoon. Die eerste fase van die projek is voltooi in 1976. Nadat die dam voltooi is, het die meeste van die werkers verhuis en het die dorp in verval geraak. Die Departement van Waterwese het Orania heeltemal verlaat in 1989. Na die departement se vertrek het slegs 'n groep bruin mense in Grootgewaagd agtergebly.

duimnael|links|250px|Die pompstasie van Orania se besproeiingskema, voltooi in 1996.