Die Nobelprys vir Vrede (Noors en Sweeds: Nobels fredspris) is een van vyf Nobelpryse wat nagelaat is deur die Sweedse nyweraar en uitvinder Alfred Nobel. Die pryse vir chemie, fisika, geneeskunde en letterkunde word jaarliks in Stockholm, Swede, toegeken, terwyl die Nobelprys vir Vrede in die Noorse hoofstad Oslo oorhandig word. Die Noorse Nobelkomitee word deur die Noorse parlement gekies, wat weer die pryswenner(s) kies.
duimnael|links|Die Noorweegse Nobelkomitee in Oslo duimnael|links|Die Wenners van die Nobelprys vir Vrede in 1994 in Oslo (van links na regs): PLO-voorsitter Jasser Arafat, Israel se minister van buitelandse sake Shimon Peres en Israel se eerste minister Yitzhak Rabin Ten tye van Nobel se dood was Swede en Noorweë in 'n posisie onderling waar die Sweedse parlement slegs verantwoordelik was vir buitelandse sake en Sweedse binnelandse sake, en die Noorse parlement slegs vir Noorse binnelandse sake. Nobel het dus stipuleer dat die Vredesprys deur Noorweë toegeken moes word, aangesien hy gevrees het dat die verkiesingsproses negatief beïnvloed sou kon word deur 'n buitelandse moondheid. Volgens sy testament behoort die prys toegeken te word aan diegene "wat die beste of die meeste werk gedoen het vir die bevordering van broederskap tussen nasies én vir die totnietmaking of vermindering van weermagte én vir die ophou en bevordering van vredeskongresse". "Nobel Peace Prize", The Oxford Dictionary of Twentieth Century World History
Anders as met die ander Nobelpryse kan die Vredesprys toegeken word aan 'n persoon of instansie wat te midde van die oplos van 'n konflik is en is dit nie nodig dat die konflik reeds opgelos moet wees nie. As gevolg daarvan lyk sommige van die toekennings vandag ietwat verdag, omdat die pogings nie blywende vrugte afgewerp het nie. Voorbeelde hiervan is die toekennings gegee aan Theodore Roosevelt, Lê Đức Thọ en Henry Kissinger; Lê Đức Thọ het die Nobelprys vir Vrede geweier omdat daar nie vrede in Viëtnam was nie. Hy is die enigste persoon ooit wat die Nobelprys vir Vrede verwerp het. Voorts word die komitee ook voortdurend deur regse groepe gekritiseer omdat dit skyn dat hulle bevooroordeeld is ten gunste van pro-linkse bewegings. Die prys wat toegeken is aan Jasser Arafat dien as brandstof vir hul argument, aangesien hulle hom beskou het as 'n ondersteuner van terrorisme. Aung San Suu Kyi, wenner van die Nobelprys vir Vrede in 1991, is later vir haar stilte wyd gekritiseer toe honderdduisende inheemse Islamitiese Rohingia in 2017 deur die Mianmarese owerhede en weermag uit hul gebiede verdryf is en na Bangladesj moes vlug. Abiy Ahmed, wat die Nobelprys vir Vrede in 2019 ontvang het, is hewig vir die oorlogvoering in die Noord-Ethiopiese Tigray-streek gekritiseer en van etniese suiwering beskuldig.
Die Noorweegse Nobelkomitee namens die boedel van Alfred Nobel kondig die naam van die Nobelpryswenners jaarliks vroeg in Oktober aan, met die Nobelprys vir Vrede tradisioneel vyfde en op 'n Vrydag. Die prys word sedert 1990 jaarliks in Oslo, Noorweë, se stadsaal toegeken op 10 Desember, die herdenking van Nobel se dood. Tot en met 2025 is die prys aan altesaam 112 individue en 31 organisasies toegeken. Nog 19 vroue het dit gekry, meer as enige ander Nobelprys.
Die 2025-Nobelprys vir Vrede is toegeken aan die Venezolaanse menseregteaktivis María Corina Machado "vir haar onvermoeide werk ter bevordering van demokratiese regte vir die mense van Venezuela en vir haar stryd om 'n regverdige en vreedsame oorgang van diktatorskap na demokrasie te bewerkstellig".
Die pryse, wat 'n bedrag geld (SEK9 miljoen, omtrent VSA$1 miljoen per pryskategorie, wat dan gelykop onder die Bekroondes verdeel word), 'n goue medalje en 'n diploma insluit, word op 10 Desember, die herdenking van Nobel se sterfdag in 1896, tydens 'n seremonie deur die Noorse koning, tans Harald V van Noorweë, in die Oslose stadsaal uitgedeel.
Hieronder volg 'n lys van die ontvangers van die Nobelprys vir Vrede vanaf 1901 tot op hede.
1900's – 1910's – 1920's – 1930's – 1940's – 1950's – 1960's – 1970's – 1980's – 1990's – 2000's – 2010's – 2020's
1900's + Nobelprys vir Vrede, 1900'sJaar NaamLandBeweegrede 1901 75px Henry Dunant "vir sy rol in die stigting van die Internasionale Komitee van die Rooi Kruis" 75px Frédéric Passy "[vir] een van die hoofstigterslede van die Interparlementêre Unie en ook die hooforganiseerder van die eerste Universele Vredeskongres te wees" 1902 75px Élie Ducommun "[vir sy rol as] die eerste ere-sekretaris van die Internasionale Vredeskantoor" 75px Charles Albert Gobat "[vir sy rol as die] eerste sekretaris-generaal van die Interparlementêre Unie" 1903 75px Randal Cremer "[vir sy rol as] die 'eerste vader' van die Interparlementêre Unie" 1904 75px Institut de Droit International "vir sy pogings as 'n nieamptelike liggaam om die algemene beginsels van die wetenskap van die internasionale reg te formuleer" 1905 75px Bertha von Suttner "vir die skryf van Lay Down Your Arms en by te dra tot die skepping van die prys" 1906 75px Theodore Roosevelt "[vir] sy suksesvolle bemiddeling om die Russies-Japannese oorlog te beëindig en vir sy belangstelling in arbitrasie, nadat hy die Haagse arbitrasiehof voorsien het met sy heel eerste geval" 1907 75px Ernesto Teodoro Moneta "[vir sy werk as 'n] sleutelleier van die Italiaanse vredesbeweging" 75px Louis Renault "[vir sy werk as 'n] voorste Franse internasionale juris en 'n lid van die permanente hof van arbitrasie in Den Haag" 1908 75px Klas Pontus Arnoldson "[vir sy werk as] stigter van die Sweedse Vredes- en Arbitrasieliga" 75px Fredrik Bajer "[vir synde] die voorste vredesvoorsitter in Skandinawië, wat werk in die Interparlementêre Unie kombineer het met die eerste president van die Internasionale Vredeskantoor" 1909 75px Auguste Beernaert "[om 'n] verteenwoordiger te wees vir die twee Haagse konferensies en 'n leidende figuur in die Interparlementêre Unie" 75px Paul-Henri-Benjamin d'Estournelles de Constant "[vir] gekombineerde diplomatieke werk ten doeleinde vir 'n Frans-Duitse en 'n Frans-Britse begrip met 'n vooraanstaande loopbaan in internasionale arbitrasie"
1910's + Nobelprys vir Vrede, 1910'sJaar NaamLandBeweegrede 1910 75px International Peace Bureau "[om te handel] as 'n skakel tussen die vredesgemeenskappe van die verskillende lande" 1911 75px Tobias Asser "[om 'n lid] te wees van die Hof van Arbitrasie sowel as die inisieerder van die Konferensies oor Internasionale Privaatreg" 75px Alfred Hermann Fried "[vir sy werk as] stigter van die Duitse Vredesvereniging" 1912 75px Elihu Root "vir sy sterk belangstelling in internasionale arbitrasie en vir sy plan vir 'n wêreldhof" 1913 75px Henri La Fontaine "[vir sy werk as] hoof van die Internasionale Vredeskantoor" 1917 75px Internasionale Komitee van die Rooi Kruis "vir die uitvoering van die geweldige taak om die regte van die vele krygsgevangenes aan alle kante van die Eerste Wêreldoorlog te beskerm, insluitend hul reg om kontak met hul gesinne te vestig" 1919 75px Woodrow Wilson "vir sy belangrike rol in die stigting van die Volkebond"
1920's + Nobelprys vir Vrede, 1920'sJaar NaamLandBeweegrede 1920 75px Léon Bourgeois "[vir sy deelname] aan beide die Haagse konferensies van 1899 en 1907 "en vir sy werk na" wat die bond tot so 'n mate geword het dat hy dikwels sy "geestelike vader" genoem word" 1921 75px Hjalmar Branting "vir sy werk in die Volkebond" 75px Christian Lange "[vir sy werk as] die eerste sekretaris van die Noorse Nobelkomitee" en "die sekretaris-generaal van die Interparlementêre Unie" 1922 75px Fridtjof Nansen "[vir] sy werk in die ondersteuning van die miljoene in Rusland wat sukkel teen hongersnood" en "sy werk vir die vlugtelinge van Klein-Asië en Thrakië" 1925 75px Austen Chamberlain "vir sy werk aan die Locarno-verdrae" 75px Charles G. Dawes "[vir sy werk] aan die Dawes-plan vir Duitse herstelwerk wat gesien is as die ekonomiese grondslag van die Locarno-verdrag van 1925" 1926 75px Aristide Briand "vir hul werk aan die Locarno-verdrae" 75px Gustav Stresemann 1927 75px Ferdinand Buisson "[vir] bydraes tot die Frans-Duitse bevolkingsversoening" 75px Ludwig Quidde 1929 75px Frank B. Kellogg "vir die Kellogg-Briand-verdrag, wie se ondertekenaars ingestem het om alle konflikte met vreedsame middele te vestig en die oorlog as 'n instrument van nasionale beleid te verwerp"
1930's + Nobelprys vir Vrede, 1930'sJaar NaamLandBeweegrede 1930 75px Nathan Söderblom "vir sy pogings om die kerke nie net in die werk van ekumeniese eenheid te betrek nie, maar ook vir wêreldvrede" 1931 75px Jane Addams "vir haar maatskaplike hervormingswerk" en "leiding van die Vroue se Internasionale Liga vir Vrede en Vryheid" 75px Nicholas Murray Butler "vir sy bevordering van die Briand-Kellogg-verdrag" en vir sy werk as die "leier van die meer vestigingsgerigte deel van die Amerikaanse vredesbeweging" 1933 75px Norman Angell "vir die skryfwerk aan The Great Illusion en vir 'n "ondersteuner van die Volkebond, sowel as 'n invloedryke publisiteit [en] opvoeder vir vrede in die algemeen te wees" 1934 75px Arthur Henderson "vir sy werk by die bond, veral sy pogings van ontwapening" 1935 75px Carl von Ossietzky "[vir sy] stryd teen Duitsland se herwapening" 1936 75px Carlos Saavedra Lamas "vir sy bemiddeling van 'n einde aan die Chaco-oorlog tussen Paraguay en Bolivië" 1937 75px Robert Cecil "vir sy werk by die Volkebond" 1938 75px Nansen se Internasionale Kantoor vir Vlugtelinge 23px Volkebond "vir sy werk om vlugtelinge te help"
1940's + Nobelprys vir Vrede, 1940'sJaar NaamLandBeweegrede 1944 75px Internasionale Komitee van die Rooi Kruis "vir die groot werk wat dit tydens die Tweede Wêreldoorlog vir die mensdom gedoen het" 1945 75px Cordell Hull "vir sy stryd teen isolasie in die huis, sy pogings om 'n vredesblok van state op die Amerikaanse vasteland te skep en sy werk vir die Verenigde Nasies" 1946 75px Emily Greene Balch "voorheen professor in geskiedenis en sosiologie; internasionale erepresident, Vroue se Internasionale Liga vir Vrede en Vryheid" 75px John Mott "voorsitter, Internasionale Sendingraad; president, World Alliance of Young Men's Christian Associations" 1947 75px Quaker Peace and Social Witness "deernis vir ander en die begeerte om hulle te help" American Friends Service Committee 1949 75px John Boyd Orr "dokter; voedingspolitikus; prominente organiseerder en direkteur, algemene voedsel- en landbou-organisasie; president, Nasionale Vredesraad en Wêreldunie van Vredesorganisasies"
1950's