7 Desember is 341ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (342ste in skrikkeljare). Daar volg nog 24 dae in die res van die jaar.

Gebeure

1527 – Pous Clemens VII stel Francisco de los Angeles Quiñones, generaal van die Franciskane aan as kardinaal. 1654 – Pietro Vito Ottoboni (Later Pous Alexander VIII) word biskop van Brescia. 1732 – Die Royal Opera House open by Covent Garden in Londen, Engeland. 1787 – Delaware word die 1ste deelstaat van die Verenigde State. 1815 – Michel Ney, maarskalk van Frankryk, word per vuurpeloton tereggestel naby die Luxemburg-tuin in Parys as gevolg van sy ondersteuning van Napoleon Bonaparte. 1912 – Generaal Barry Hertzog lewer die De Wildt-toespraak onder 'n boom op die plaas De Wildt buite Pretoria in die aanloop tot die skeuring met Smuts en Botha en die stigting van die Nasionale Party. 1926 – Die vliegtuig Switzerland styg in Zürich op op pad na Kaapstad. Dit word die eerste vlug tussen Switserland en Suid-Afrika. Die vlieënier is Walter Mittelholzer. 1941 – Japan val Pearl Harbor in Hawaiï aan en die Verenigde State betree die Tweede Wêreldoorlog. 1972 – Apollo 17, die laaste bemande missie in die Apollo-program word gelanseer. 1975 – Indonesië val Oos-Timor binne. 1982 – Die eerste doodstraf deur middel van 'n dodelike inspuiting vind in die VSA plaas. 1988 – Armenië word deur 'n aardbewing getref, wat 6,9 op die Richterskaal lees; 25 000 mense sterf, 15 000 word beseer en 400 000 word dakloos gelaat. 1988 – Yasser Arafat erken Israel se reg om as staat te bestaan. 1993 – Die Suid-Afrikaanse uitvoerende oorgangsraad word daargestel. 1995 – Die Galileo-ruimtetuig kom by Jupiter aan, 'n bietjie meer as ses jaar nadat dit deur die ruimtependeltuig Atlantis tydens Sending STS-34 lanseer is. 2003 – Zimbabwe verlaat die Britse Statebond. 2009 – 'n Embraer ERJ 135-vliegtuig van Airlink gly van die aanloopbaan af, by George-lughawe, en beland op die R404-pad.

Geboortes 521 – Sint Columba van Iona, Ierse monnik en sendeling († 597). 1598 – Gian Lorenzo Bernini, Italiaanse argitek, beeldhouer, skilder en dekorontwerper († 1680). 1801 – Johann Nestroy, Oostenrykse dramaturg, akteur en sanger († 1862). 1860 – Sir Joseph Cook, sesde Eerste Minister van Australië († 1947). 1905 – T.O. Honiball, Suid-Afrikaanse spot- en strokiesprentkunstenaar († 1990). 1928 – Noam Chomsky, Amerikaanse filosoof. 1932 – Ellen Burstyn, Amerikaanse aktrise. 1936 – Wim Bosman, strokiesprentkunstenaart († 2019). 1949 – Tom Waits, Amerikaanse musikant. 1973 – Ali Raymi, Jemeense bokser en vlieggewigwêreldkampioen († 2015). 1982 – Tasneem Motara, Suid-Afrikaanse politikus. 1984 – Robert Kubica, Poolse Formule Een-renjaer. 1987 – Aaron Carter, Amerikaanse akteur, kletsrymer en sanger († 2022). 2003 – Catharina-Amalia, Prinses van Oranje, eerste troonopvolger van Nederland.

Sterftes 43 v.C. – Cicero, Romeinse staatsman en filosoof (* 106 v.C.). 283 – Sint Eutychian, die 27ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk. (* ±220). 983 – Keiser Otto II van die Heilige Romeinse Ryk (* 955). 1254 – Pous Innocentius IV, die 180ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 1735 – Gregorio Fontana, Italiaanse wiskundige (* 1803). 1882 – Dr. Philip Eduard Faure, eerste predikant van die NG gemeente Wynberg (* 1811). 1894 – Ferdinand de Lesseps, Franse diplomaat en die dryfveer agter die bou van die Suezkanaal (* 1805). 1932 – Jane Elizabeth Waterston, die eerste vrouedokter in Suid-Afrika (* 1843). 1962 – Bob Loubser, Suid-Afrikaanse rugbyspeler en politikus (* 1884). 1975 – Hardie Albright, Amerikaanse akteur (* 1903). 1975 – Thornton Wilder, Amerikaanse dramaturg en wenner van Pulitzerprys vir Fiksie (* 1897). 1993 – Félix Houphouët-Boigny, eerste President van die Ivoorkus (* 1905). 2011 – Harry Morgan, Amerikaanse akteur (* 1915). 2020 – Dawn Lindberg, Suid-Afrikaanse vermaakpersoonlikheid (* 1945). 2020 – Chuck Yeager, Amerikaanse vlieënier en die eerste persoon wat deur die klankgrens gevlieg het (* 1923).

Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae Pearl Harborwaarnemingsdag in die VSA.

Kategorie:Desember