6 Desember is 340ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (341ste in skrikkeljare). Daar volg nog 25 dae in die res van die jaar.
Gebeure
1058 – Pous Nicolaas II volg Pous Stefanus IX (X) op. 1527 – Pous Clemens VII verlaat die verwoeste Rome. 1696 – Lorenzo Corsini (later Pous Clemens XII) word aangestel as tesourier-generaal van die Pouslike Staat en ook as goewerneur van die Engeleburg. 1708 – Pous Clemens XI stel die fees van Maria Onbevlekte Ontvangenis in. 1768 – Die eerste uitgawe van die Encyclopædia Britannica word uitgegee. 1790 – Die Kongres van die Verenigde State verhuis vanaf New York na Philadelphia, Pennsilvanië. 1864 – Pous Pius IX kondig die Eerste Vatikaanse Konsilie aan. 1917 – Finland verklaar sy onafhanklikheid van Rusland. 1917 – Halifaxontploffing: 'n Skip in Halifaxhawe met 'n vrag van trinitrotolueen en pikriensuur vat vlam en ontplof na 'n botsing met 'n ander skip met groot skade in Halifax, Kanada. 1922 – Die Ierse Vrystaat word gestig, 'n jaar ná die ondertekening van die Anglo-Ierse Verdrag. 1957 – 'n Ontploffing op die lanseerdok fnuik die Verenigde State se eerste poging om 'n satelliet te lanseer. 1958 – Pioneer 3 word lanseer. 1972 – Die lansering van die laaste bemande maansending, die Apollo 17, vind plaas. 1977 – Suid-Afrika verklaar Bophuthatswana onafhanklik, maar dit word deur geen ander land só aanvaar nie. 1989 – 'n Man vermoor 14 jong dames in Montreal, Kanada. 1997 – 'n Russiese vragvliegtuig stort op 'n woonstelkompleks neer, naby Irkoetsk, Siberië, en 67 mense sterf. 2007 – Die Duitse Toekomsprys 2007 word in Berlyn, Duitsland deur Bondspresident Horst Köhler toegeken.
Geboortes 1421 – Koning Henry VI van Engeland († 1471). 1586 – Niccoli Zucchi, Italiaanse sterrekundige († 1670). 1757 – Sir David Baird, Britse generaal en militêre goerwerneur in die Kaapkolonie († 1829). 1778 – Joseph Louis Gay-Lussac, Franse fisikus en chemikus († 1850). 1823 – Jan Brand, President van die Vrystaat († 1888). 1830 – Johannes Nicolaas de Beer, 'n boer van Kimberley. Die diamantmaatskappy De Beers is na hom vernoem († 1883). 1864 – Lourens Geldenhuys, baanbreker van die Witwatersrand en 'n politikus van die Suid-Afrikaanse Party († 1929). 1880 – Philippus Arnoldus Myburgh, die sesde administrateur van die Kaapland († 1946). 1890 – Dion Fortune, Walliese okkultis († 1946). 1900 – Agnes Moorehead, Amerikaanse aktrise († 1974). 1916 – Owen Horwood, Suid-Afrikaanse politikus, minister van finansies († 1998). 1919 – Anna Bender, Suid-Afrikaanse pianis en skrywer († 2004). 1920 – Dave Brubeck, Amerikaanse jazzpianis († 2012). 1927 – Gé Korsten, Suid-Afrikaanse sanger († 1999). 1948 – Keke Rosberg, Finse Formule Eenrenjaer. 1952 – Craig Newmark, Amerikaanse internet-entrepreneur en filantroop, veral bekend as die stigter van Craigslist. 1984 – Daryl Impey, Suid-Afrikaanse professionele padfietsrenjaer. 1996 – Stefanie Scott, Amerikaanse aktrise.
Sterftes 1185 – Afonso I van Portugal, eerste koning van Portugal. 1352 – Pous Clemens VI, 198ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1291). 1889 – Jefferson Davis, enigste president van die Gekonfedereerde State van Amerika gedurende die Amerikaanse Burgeroorlog (* 1808). 1892 – Werner von Siemens, Duitse ingenieur, uitvinder en industrialis (* 1816). 1956 – Bhimrao Ramji Ambedkar, Indiese politikus (* 1891). 1963 – Henry Fagan, Suid-Afrikaanse skrywer, politikus, regter en joernalis (* 1889). 1988 – Roy Orbison, Amerikaanse sanger-liedjieskrywer en musikant bekend vir sy intense ballades (* 1936). 1993 – Don Ameche, Amerikaanse akteur (* 1908). 2006 – Mavis Pugh, Britse aktrise (* 1914). 2019 – Ron Leibman, Amerikaanse akteur en draaiboekskrywer (* 1937). 2020 – Tabaré Vázquez, Uruguaanse politikus en staatsman, president van Uruguay (* 1940). 2022 – Ichirō Mizuki, Japannese sanger, komponis en filmakteur (* 1948).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae Nasionale vakansiedag in Finland. Konstitusiedag in Spanje. Sinterklaasdag in sommige Europese lande, veral dié wat grootliks Rooms-Katoliek is.
Kategorie:Desember