Die Trompetvisse (Aulostomidae) is 'n vis-familie wat tot die orde Syngnathiformes hoort. Daar is slegs een genus met drie spesies wat tot die familie hoort. Die familie kom in die tropiese Atlantiese Oseaan en Indies-Pasifiese area voor.

Kenmerke Visse in die familie se lyf is lank en plat en hulle word tot 80 cm lank. Daar is gewoonlik 8-12 stekels op die rug voor die dorsale vin en die sylyn is goed ontwikkel. Hulle kom in riwwe voor saam met plantvreters.

Genus Die volgende genus en gepaardgaande spesie kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

Aulostomus Aulostomus chinensis - Trompetvis

Die volgende twee spesies kom nie in Suider-Afrika voor nie: Aulostomus maculatus Aulostomus strigosus

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Verwysings

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/FamilySummary.php?ID=253

Kategorie:Beenvisse