Die Geriffelde fluitbek (Fistularia petimba) is 'n vis wat voorkom in die tropiese Atlantiese Oseaan tot by Walvisbaai en die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika tot by Mosselbaai. In Engels staan die vis bekend as die Serrate flutemouth.

Voorkoms Die vis se lyf is rooi tot oranje-bruin aan die bokant en silwer aan die onderkant. Daar is benerige riwwe langs die ruglyn voor die dorsale vin. Die oë is rond en die vis kom gewoonlik in dieper water voor, tot 200 meter.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Eksterne skakel Fistularia petimba by Fishbase.

Kategorie:Beenvisse