Die Strubendam-voëlreservaat in Lynnwood Glen, Pretoria is geleë op 'n gedeelte van die oorspronklike plaas Hartebeestpoort 362 JR wat aan mnr. F.E.B. Struben behoort het.

Strubendam Die dam is gebou in die Waterkloofspruit en dit het 'n bakmaat van 108 000 m3. Die damwal is ongeveer 6 meter hoog.

Die presiese ouderdom van die oorspronklike dam is nie bekend nie, maar daar word geskat dat die dam tussen die 1940's en 1960's gebou is. Kaarte wat dateer uit 1929 dui daarop dat die dam in daardie tyd nog nie bestaan ​​het nie.

Die damwal is in September 1984 opgegradeer en sedert 1985 dien dit ook as die vloedbeheerdam.

duimnael|'n Swartkeelgeelvink (Ploceus velatus) besig om 'n nes te weef in die Strubendam-voëlreservaat‎

Dierelewe Voëllewe is volop en 'n verskeidenheid vissoorte soos die vleikurper, skerptandbaber, kanariekurper, karp en varswaterbaars kom in die dam voor.

Plantegroei Die plantegroei by Strubendam is bakenveld, wat 'n oorgangplantegroei tussen grasveld en bosveld is. Daar is ook moeras-areas en oewerbos onder die damwal. Riviervaderlandswilg, soetdoring, gewone haakdoring en witstinkhout is die algemeenste bome in die reservaat.

Fasiliteite en aktiwiteite Die reservaat is is ideaal vir stap, voëlkyk en piekniek. Daar is ablusiegeriewe beskikbaar en groot skaduryke grasperke waar besoekers kan ontspan. Die dam word gebruik vir visvang. Geen vure word egter toegelaat nie.

Besoektye Somer (September - April): 06:00 - 18:00 Winter (Mei - Augustus): 06:00 - 18:00

Bron Struben Dam Bird Sanctuary by www.tshwane.gov.za. Besoek op 25 Junie 2014.

Verwysings

Kategorie:Bewaringsgebiede in Suid-Afrika Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Natuurreservate in Gauteng Kategorie:Pretoria