Aboe Dhabi (ook Abu Dhabi; Arabies: أَبُو ظَبْيٍ, Abū Ẓabī, [ɐˈbuˈðˤɑbi]), amptelik die Emiraat Aboe Dhabi (Arabies: إِمَـارَة أَبُـوظَـبِي, Imārat Abū Ẓaby, [ʔabuː ˈðˤɑbi]), is een van die sewe outonome emirate van die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) wat op die Arabiese Skiereiland aan die Persiese Golf geleë is. Aboe Dhabi is met 'n oppervlakte van 67 340 km² die grootste deelstaat van die VAE met 'n bevolking van 2,78 miljoen (2018), waarvan die oorgrote meerderheid (sowat tagtig persent) buitelanders is. Die gelyknamige hoofstad dien ook as regeringsetel van die VAE.
Geografie Die emiraat, wat grotendeels uit woestynvlaktes bestaan, grens in die weste en suide aan Saoedi-Arabië, in die ooste aan Oman, en in die noordooste aan die emirate Doebai en Sharjah. Meer as 400 kilometer van die VAE se kuslyn is in Aboe Dhabi geleë, so ook sowat tweehonderd eilande.
Verwysings
Bronnelys
Eksterne skakels
Kategorie:Geografie van die Verenigde Arabiese Emirate