Air Seychelles is die nasionale lugredery van die Seychelle, met sy hoofkantoor op die eiendom van die Seychelle Internasionale Lughawe op die eiland Mahé. Dit bedryf inter-eiland dienste en internasionale vlugte. Die belangrikste basis is die Seychelle Internasionale Lughawe. Die lugredery word tans 40% besit deur Etihad Airways.

Air Seychelles is tans een van slegs twee Afrikarederye wat as 'n gesogte 4-ster lugredery deur Skytrax geklassifiseer word.

duimnael|260px|'n Air Seychelles Airbus A330-200 op Aboe Dhabi Internasionale Lughawe Vloot Die vloot van Air Seychelles vir internasionale bestemmings bestaan in Desember 2013 uit: 2 Airbus A330-200 Verder bedryf hul ook 5 DHC-6 Series 300/400 Twin Otter tussen die eilande.

Verwysings

Kategorie:Lugrederye Kategorie:Seychelle