duimnael|links|Die Río Abuná (regs) se monding in die Rio Madeira (links) op die grens tussen Bolivië en Brasilië. In die beeld se sentrum is die mees noordelike punt van Bolivië te sien duimnael|links|Stroomversnellings van Teotônio duimnael|links|Die Rio Madeira naby Porto Velho, Rondônia, Brasilië Die Rio Madeira (Spaans: Río Madeira [ˈʁi.u mɐˈdejɾɐ], letterlik "Hout-rivier") is een van die grootste sytakke van die Amasonerivier in Suid-Amerika en volgens afloop die grootste sytak van die wêreld. Die rivier, met 'n lengte van 3 380 km, vloei deur Bolivië en die Brasiliaanse deelstate Rondônia en Amazonas.
Die Rio Madeira ontstaan deur die saamvloei van die Río Madre de Dios en Río Mamoré naby Guayaramerín in die noorde van Bolivië net wes van die grens tot Brasilië. Sommige van sy bronriviere ontspring ook in Peru. Die Rio Madeira vloei in noordoostelike rigting parallel tot die Rio Purus deur die Amasone-bekken in die weste van Brasilië, waar die Rio Madeira naby Itacoatiara in die Amasonerivier uitmond. Die grootste stad, wat aan die rivier geleë is, is Porto Velho, die hoofstad van die Brasiliaanse deelstaat Rondônia.
Sytakke Die grootste sytakke (stroomaf): Kümmerly+Frey Rand McNally: Internationaler Atlas. Georg Westermann Verlag. Río Abuná (links) Rio Jamari (regs) Rio Jiparaná (regs) Rio Ipixuna (regs) Rio dos Marmelos (regs) Rio Manicoré (regs) Rio Aripuanã (regs) Rio Canumã (regs)
Verwysings
Kategorie:Amazonas Kategorie:Riviere in Bolivië Kategorie:Riviere in Brasilië Kategorie:Rondônia