Die Pêrelrivier (Chinees: 珠江, Zhū Jiāng [ʈʂú tɕjɑ́ŋ], Engels: Pearl River, Portugees: Rio das Pérolas) is 'n groot suidoos-vloeiende rivier in die suidooste van die Volksrepubliek China. Die rivier, met 'n lengte van 2 400 km, mond tussen Hongkong in die ooste en Macau in die weste in die Suid-Chinese See uit. Van sy bronriviere ontspring ook in Viëtnam.
duimnael|links|Die Pêrelrivier se monding soos vanaf Zhuhai gesien duimnael|links|Die Pêrelrivierdelta tussen Hongkong (regs, oos) en Macau (links, wes) Die Pêrelrivier vloei deur een van die belangrikste ekonomiese streke van die Volksrepubliek China met groot stede soos Guilin, Dongguan, Foshan, Shenzhen, Guangzhou, Zhongshan, Zhuhai, Hongkong en Macau. Die rivier mond in die uitgestrekte Pêrelrivierdelta uit, waar drie riviere bymekaar kom: die Noord-rivier (北江 Běijiāng; Bei Jiang), die Oos-rivier (东江 Dōngjiāng; Dong Jiang) en die Wes-rivier (西江 Xījiāng; Xi Jiang).
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Riviere in die Volksrepubliek van China Kategorie:Hongkong Kategorie:Macau Kategorie:Riviere in Viëtnam