Die Siwerski Donets (Oekraïens: Сіверський Донець; Russies: Северский Донец, Sewerski Donets) is 'n rivier in Rusland en Oekraïne wat in die groter Donrivier invloei. Die rivier het sy oorsprong in die Sentraal-Russiese Heuwelland in die suidweste van Rusland by die stad Belgorod. Die rivier vloei deur die Russiese Belgorod-oblast, oor die grens en verder deur die Oekraïense oblaste Charkif, Donetsk en Loehansk in die suidooste van Oekraïne, en steek opnuut die grens na Rusland oor, waar dit deur die Rostof-oblast loop en in die Don invloei. Die rivier is altesaam 1 053 km lank.

Die rivier se naam is afgelei van die Slawiese stam Sewerjane. Die etimologie daarvan is onseker. Die naam "Donets" beteken "klein Don". Die landstreek die Donbas, oftewel die Donetsbekken, en die stede Donetsk en Sjewjerodonetsk is na die Siwerski Donets genoem.

Skakels

Kategorie:Riviere in Oekraïne Kategorie:Riviere in Rusland