Port Elizabeth Internasionale Lughawe (IATA-kode: PLZ, ICAO: FAPE) is 'n lughawe wat Gqeberha, die grootste stad in die Oos-Kaap, Suid-Afrika, bedien. Dit het voorheen bekend gestaan as H. F. Verwoerd-lughawe. Ter ere van 'n ontslape Koisanleier, is die Port Elizabeth-lughawe op 23 Februarie 2021 amptelik herdoop tot die Hoofman Dawid Stuurman Internasionale Lughawe.

duimnael|links|Lugfoto van Port Elizabeth Lughawe Die lughawe is sowat twee myl suid van die stad se sakekern geleë. Vanaf die meeste stadsbuurte neem 'n rit na die lughawe minder as tien minute, en derhalwe word dit dikwels die "Tien-minute-lughawe" genoem. Die lughawe word, net soos nege ander groot lughawens in die land, deur die Lughawemaatskappy van Suid-Afrika (ACSA) besit en bedryf.

Die lughawe hanteer jaarliks meer as een miljoen passasiers en 800 ton vrag, waaronder blomme, bevrore kreef, vleis, volstruisvelle en sampioene. Die sentrale terminaal is ter geleentheid van die Sokkerwêreldbekertoernooi in 2010 uitgebrei vir 'n maksimum kapasiteit van twee miljoen passasiers per jaar.

Ontstaan Port Elizabeth-lughawe is oorspronklik in 1929 deur luitenant-kolonel Miller gestig wat 'n vliegveld vir sy lugposdiens tussen Port Elizabeth en Kaapstad benodig het. Toe dit in 1936 amptelik as lughawe geopen is, het dit oor 'n enkele aanloop- en landingsbaan beskik.

Navigasiehulp Ongerigte radiobaken – NDB VHF allerigting reikwydte – PEV112.9 Outomatiese Terminaalinligtingdiens – 126.80

Lugdienste en bestemmings Suid-Afrikaanse Lugdiens verbind die lughawe met Johannesburg-O.R. Tambo Airlink met Bloemfontein en Oos-Londenlughawe Mango met Johannesburg-O.R. Tambo en Kaapstad (opgeskort) South African Express en British Airways met Johannesburg-O.R. Tambo, Kaapstad en Durban-Koning Shaka.

Passasiersvolumes + Jaarlikse volume Jaar Passasiers % verskil 2006 1 409 607 11,2% 2007 1 491 551 5,8% 2008 1 465 429 1,8% 2009 1 342 859 8,4% 2010 1 408 374 4,9% 2011 1 368 334 2,8% 2012 1 317 695 3,7% 2013 1 269 634 3,6% 2014 1 285 074 1,2% 2015 1 584 966 23,3% 2016 1 582 889 0,1% 2017 1 620 705 2,4%

Verwysings

Kategorie:Geboue en strukture in Port Elizabeth Kategorie:Lughawens in Suid-Afrika