Vancouver 280px Kaart Wapen 170px|senter Vlag Land 20px Verenigde State Deelstaat Washington County Clark County Koördinate Stigting 1852 Oppervlakte: - Totaal 129,14 km2 Hoogte bo seevlak 52 m Bevolking: - Totaal (2010) 161 791 - Bevolkingsdigtheid 3 1344.6/vk km - Metropolitaanse gebied 2 314 554 Tydsone UTC -8 | Somertyd: UTC -7 Burgemeester Timothy D. Leavitt Amptelike Webwerf www.cityofvancouver.us
Vancouver is 'n stad op die noord-oewer van die Columbiarivier in die Amerikaanse staat, Washington. Vancouver, gestig in 1852 en ingelyf in 1857, is die vierde grootste stad in die staat, met 'n bevolking van 161 791 (2010-sensus). Vancouver is die setel van Clark County, en is deel van die Portland-Vancouver metropolitaanse gebied, die 24ste grootste metropolitaanse gebied in die Verenigde State.
Etimologie Vancouver deel sy naam met die groter stad van Vancouver wat 491 km noord in die Kanadese provinsie van Brits-Columbië geleë is. Beide stede is na die see-kaptein George Vancouver genoem, alhoewel die Kanadese stad 29 jaar na Vancouver, Washington ingelyf is, en 60 jaar nadat die naam Vancouver vir die eerste keer gebruik is as verwysing na die historiese Fort Vancouver Trading Post op die Columbiarivier. Stadsamptenare het van tyd tot tyd voorgestel dat die Amerikaanse stad se naam verander na Fort Vancouver, Vancouver VSA, of selfs Ou Vancouver, om verwarring met sy noordelike buurman te verminder. Baie inwoners onderskei tussen die twee stede deur te verwys na die Kanadese stad as "Vancouver, BC" en na Vancouver in die VSA as "Vancouver, Washington" of "Vancouver VSA." Plaaslike byname sluit in: "Vantucky" (hoewel die bynaam dikwels gebruik word as 'n neerhalende term) http://vanvoice.com/article?articleTitle=you+know+your+from+vantucky+if...--1287789309--453-- en "Die Couv(e)". In 2013 het die bynaam "Vansterdam" opgeduik as 'n gevolg van die wettiging van dagga in die staat van Washington. Die bynaam word ook al lank gebruik om te verwys na Vancouver, BC, en is 'n duidelike verwysing na Amsterdam in Nederland.
Geskiedenis Die gebied van Vancouver, Washington is oorspronklik deur 'n verskeidenheid van inheemse Amerikaanse stamme bewoon, waarvan die mees onlangse die Chinook en Klickitat stamme was, wat permanente nedersettings van houthuise gebou het. Die Chinookan en Klickitat se name vir die gebied was Skit-so-te-ho en Ala-Si-kas, onderskeidelik, wat "land van die modder-skilpaaie" beteken. Die eerste kontak met Europeers was in 1775, met ongeveer die helfte van die inheemse bevolking dood as gevolg van pokke, voor die Lewis-en-Clark-ekspedisie kamp in die gebied opgeslaan het in 1806. Binne die volgende vyftig jaar het ander optredes en siektes soos masels, malaria en griep die Chinookan-bevolking van 'n geskatte 80 000 verminder na 'n paar dosyn grondlose vlugtelinge.
Volgens Meriwether Lewis was die Vancouvergebied "die enigste gewenste ligging vir 'n nedersetting wes van die Rotsgebergte." Die eerste permanente Europese nedersetting was in 1824, toe Fort Vancouver gestig is as 'n handelstasie van die Hudson's Bay Maatskappy. Op daardie stadium was die gebied deur beide die VSA en Brittanje beset onder 'n gemeenskaplike besettingsooreenkoms. Gemeenskaplike besetting het gelei tot die Oregon-grensgeskil wat op 15 Junie 1846 beëindig is, met die ondertekening van die Oregon-Verdrag, wat volle beheer van die gebied aan die Verenigde State van Amerika gegee het.
Die Amerikaner Henry Williamson het voor 1845 'n groot stuk grond wes van die Hudson's Bay Maatskappy geëis (insluitend 'n gedeelte van die hedendaagse Vancouverhawe). Hy het sy grondeis by die hof in Oregon City geregistreer, voordat hy na Kalifornië vertrek het."Images of America DOWNTOWN VANCOUVER," Pat Jollota, p 42 In 1850 het Amos Short die grond deur middel van 'n grondeisskenking bekom en die dorp Columbia City genoem. Die naam is na Vancouver verander in 1855.HistoryLink.org Item 9101. Vancouver is op 23 Januarie 1857 as stad geïnkorporeer.
Bron Merendeels vertaal uit Engels van Wikipedia
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Washington