duimnael|links|Satellietbeeld van die Río Paraná, die Río Paraguay en die Río Uruguay Die Río Paraguay (Guaraní: Ysyry Paraguái, Portugees: Rio Paraguai), is 'n groot suid-vloeiende rivier in Suid-Amerika. Die rivier, met 'n lengte van 2 621 km, is die grootste sytak van die Río Paraná. Die naam van die rivier beteken "water wat na die oseaan vloei" en is afgelei van die Guarianiaanse woord pará (oseaan), gua (na) en y (water). Die Río Paraguay is die langste en grootste rivier van Paraguay, die belangrikste hawestad is Asunción.
Die Río Paraguay ontspring in die Parecis-plato in die deelstaat Mato Grosso, sowat 115 km noord van Cuiabá. Aansluitend vloei die rivier in suidelike rigting, net oos van die grens tot Bolivië. Dit vorm aansluitend die grens tussen Brasilië en Paraguay. Later vloei die rivier vir 400 km van noord tot suid deur Paraguay. In die hoofstad Asunción mond die Río Pilcomayo in die Río Paraguay uit. Aansluitend vorm die rivier die grens tussen Paraguay en Argentinië. Net noord van Corrientes en Resistencia mond die rivier in die Río Paraná uit. Hier is die laagste punt van die land Paraguay geleë.
Verwysings
Kategorie:Riviere in Argentinië Kategorie:Riviere in Bolivië Kategorie:Riviere in Brasilië Kategorie:Riviere in Paraguay Kategorie:Mato Grosso Kategorie:Mato Grosso do Sul