Die Rio Tocantins ([tokɐ̃ˈtʃĩs] of [tukɐ̃ˈtʃĩs]) is 'n groot noord-vloeiende rivier in Suid-Amerika. Die rivier, met 'n lengte van 2 640 km, is die vierde langste rivier in Brasilië ná die Amasonerivier, die Río Paraná en die Rio São Francisco, en die tweede langste, wat net in dié land vloei. Die Rio Araguaia‎‎ is die grootste sytak van die Rio Tocantins. Die naam van die rivier beteken "Rivier van die toekan se snawel" in die Tupí-taal.

duimnael|links|Sononder oor die Rio Tocantins duimnael|links|Die Rio Tocantins naby Palmas, Tocantins duimnael|links|Laat namiddag aan die Rio Tocantins naby Carolina, Maranhão duimnael|links|Satellietbeeld van die Amasonedelta (wes) en die Rio Tocantins-monding (suid) met Marajó soos in 1992 opgeneem Die twee grootste bronriviere ontspring 100 km wes van Brasília, die hoofstad van Brasilië, in die deelstaat Goiás. Aansluitend vloei die rivier in noordelike rigting deur die volgende deelstate: Goiás, Tocantins, Maranhão en Pará. In sy noordelike middelloop vorm die Rio Tocantins die grens tussen die deelstate Tocantins en Maranhão. Naby São João do Araguaia mond die van links komende Rio Araguaia in die Rio Tocantins uit. Verder noord mond die Rio Tocantins net wes van Belém in die Atlantiese Oseaan uit. Omstreeks 100 km noord mond die Amasonerivier in die Atlantiese Oseaan uit. Beide riviere was vroeër met mekaar verbind. Tussen beide mondings is die eiland Marajó geleë. Die Rio Tocantins is vroeër as 'n sytak van die Amasonerivier beskou, omdat beide riviere deur kanale met mekaar verbind is en sy water saam met dié van die Amasonerivier in die Atlantiese Oseaan vloei.

Sytakke Die grootste sytakke (stroomaf): Kümmerly+Frey Rand McNally: Internationaler Atlas. Georg Westermann Verlag. Rio Maranhão (regs) Rio Trairas (regs) Rio Bagagem (regs) Rio Tocantinzinho (regs) Rio Prêto (regs) Cana Brava (links) Rio Paranã (regs) Rio Santo António (links) Sâo Valêrio (regs) Rio Surobim (regs) Rio Crixás (links) Rio Mangues (links) Rio do Sono (regs) Rio Manoel Alves Grande (regs) Rio Farínha (regs) Rio Araguaia (links) Rio Itacaiunas (links)

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Goiás Kategorie:Maranhão Kategorie:Pará Kategorie:Riviere in Brasilië Kategorie:Tocantins