Die Rio Araguaia [ˈʁi.u ɐɾɐˈɡwaj.jɐ] is 'n groot noord-vloeiende rivier in Suid-Amerika. Die rivier, met 'n lengte van 1 910 km, is die vyfde langste rivier in Brasilië na die Amasonerivier, die Río Paraná, die Rio São Francisco en die Rio Tocantins, en die derde langste rivier, wat net in dié land vloei. Die Rio Araguaia is die grootste sytak van die Rio Tocantins. Die naam van die rivier beteken "Rivier van die (rooi) Aras" in die inheemse Tupí-taal.

duimnael|links|'n Boom in die Araguaia Nasionale Park tydens oorstroming duimnael|links|Die Rio Javaés, die reger sytak van die Rio Araguaia, saam met die Ilha do Bananal naby Formoso do Araguaia, Tocantins duimnael|links|Satellietbeeld van die Ilha do Bananal se noordelike einde soos in 1992 opgeneem Die Rio Araguaia vloei deur die volgende deelstate: Goiás, Mato Grosso, Tocantins en Pará. Dit ontspring naby die driehoek van die deelstate Goiás, Mato Grosso do Sul en Mato Grosso. Aansluitend vorm die rivier die grens tussen Mato Grosso in die weste en Goiás, later Tocantins in die ooste, verder noord tussen Pará in die weste en Tocantins in die ooste. Later mond die Rio Araguaia naby São João do Araguaia in die Rio Tocantins uit, wat verder noord naby Belém in die Atlantiese Oseaan uitmond.

In sy breë middelloop verdeel die Rio Araguaia in twee arme, wat later weer saamvloei en die Ilha do Bananal (Portugees vir: "Piesang-eiland") vorm, die wêreld se grootste riviereiland. Hier is die Araguaia Nasionale Park geleë, waar die inheemse Karajá-volk leef.

Sytakke Die grootste sytakke (stroomaf): Kümmerly+Frey Rand McNally: Internationaler Atlas. Georg Westermann Verlag. Regter sytakkeLinker sytakke Rio Diamantino Rio das Garcas Rio Cristalino Rio das Mortes Ribeirâo Crisóstomo Ribeirâo Beleza Ribeirâo Santana Campo Alegre Rio Inajá Ribeirâo Santa Maria Rio Babilônia Rio Caiapó Rio Claro Rio Vermelho Rio do Peixe Rio Crixás-Açu Rio Javaés of Braço Menor do Araguaia (Sytak regs of oostelik van die Ilha do Bananal) Rio do Cóco Rio Caiapo Rio Piranhas Rio Bananal Rio Muricizal Rio Lontra Rio Cordâ Rio Piranha

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Goiás Kategorie:Mato Grosso Kategorie:Pará Kategorie:Riviere in Brasilië Kategorie:Tocantins