Die Murrayrivier (Engels: Murray River, in Suid-Australië River Murray) is met 'n lengte van 2 508 km Australië se grootste rivier. Dit is 'n wes-vloeiende rivier en loop deur die drie Australiese deelstate Nieu-Suid-Wallis, Victoria en Suid-Australië.

duimnael|links|Die saamvloei van die Darling met die Murrayrivier duimnael|links|Die monding van die Murrayrivier in die Indiese Oseaan Die Murrayrivier ontspring in die Australiese Alpe van die Groot Skeidingsgebergte. Aansluitend vorm die rivier in sy grootste geheel die grens tussen Victoria in die suide en Nieu-Suid-Wallis in die noorde en mond net oos van Adelaide in die Indiese Oseaan, op Australiese kaarte dikwels Suidelike Oseaan genoem, uit.

Sytakke van die rivier is die Murrumbidgee en die Darlingrivier.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Nieu-Suid-Wallis Kategorie:Riviere in Australië Kategorie:Suid-Australië Kategorie:Victoria (Australië)