200px Maksimilian Wolosjin
Russies-Oekraïense digter
Gebore 28 Mei 1877 in Kiëf, Oekraïne(destyds Russiese Ryk)
Oorlede 8 November 1932 in Koktebel, Krim Sowjetunie
Literêre stroming Simbolisme
Bekende werke
Anno mundi ardentis (1915) Die doofstomme demone (1919) Die paaie van Kain (1921–23) Gedigte oor die terreur (1923) Rusland (1924) Maksimilian Aleksandrowitsj Kirienko-Wolosjin (Russies: Максимилиа́н Алекса́ндрович Кирие́нко-Воло́шин), algemeen bekend as Max Wolosjin (* 28 Mei 1877, † 8 November 1932), was 'n Russies-Oekraïense digter, landskapskilder en publisis. Sy literêre werke word by die sogenaamde Silwertydperk van die Russiese literatuur gereken.
Wolosjin, wat in Oekraïne gebore is, was een van die belangrikste verteenwoordigers van die simbolistiese beweging in die Russiese kultuur en literatuur en het bekendheid as digter en kuns- en literatuurkritikus verwerf. Sy bydraes het in leidende vroeë 20ste eeuse tydskrifte verskyn, waaronder Wesi, Zolotoje roeno ("Die Goue Vlies") en Apollon. Hy het daarnaas ook bekendgestaan vir 'n reeks meesterlike Russiese vertalings van Franse poësie en prosa.
As landskapskilder het Wolosjin hom veral tot die Krim aangetrokke gevoel waar hy skoolgegaan en vanaf 1917 tot sy afsterwe in 1932 gebly het.
Kategorie:Russiese digters Kategorie:Geboortes in 1877 Kategorie:Sterftes in 1932