duimnael|links|Die dorpie Deline aan die Groot Beremeer Die Groot Beremeer (Engels: Great Bear Lake, Frans: Grand lac de l'Ours) is die agtste grootste meer ter wêreld, die vierde grootste meer in Noord-Amerika en die grootste meer in Kanada, buite die Groot Mere. Dit is in die Noordwestelike gebiede in die noorde van Kanada, noordwes van die Groot Slawemeer en suid van die Arktiese Oseaan geleë en het 'n oppervlakte van 31 153 km². Die meer word deur die Groot Bererivier met die Mackenzierivier verbind, wat in die Arktiese Oseaan uitmond.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Mere in Kanada Kategorie:Noordwestelike gebiede