Die Winnipegmeer (Engels: Lake Winnipeg, Frans: Lac Winnipeg) is die 15de grootste meer ter wêreld, die sewende grootste meer in Noord-Amerika en die derde grootste meer in Kanada, buite die Groot Mere, ná die Groot Beremeer en die Groot Slawemeer. Dit is in die provinsie Alberta in die suide van Kanada, noord van die grens met die Verenigde State geleë en het 'n oppervlakte van 24 514 km².
duimnael|links|Die Winnipegmeer in die aandskemer Die meer is na Winnipeg, die hoofstad van Manitoba, genoem en word deur die Nelsonrivier met die Hudsonbaai in die noordooste verbind. Die belangrikste rivier, wat in die meer uitmond, is die Saskatchewanrivier. Die Winnipegmeer is net 55 km noord van Winnipeg geleë en maak deel uit van 'n groot gebied met baie mere.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Manitoba Kategorie:Mere in Kanada