Balsemwormkruid (Tanacetum balsamita) is 'n plant uit die Asteraceae familie en word as kruie gebruik.

Beskrywing Die polvormende plant word 80-150 cm hoog en vorm wortelstokke in die grond. Aan die vertakte en pluimvormig harige stam vorm leeragtige, blougroen blare wat tot 20 cm lank word. Die bladrand is gesaag en die onderkant van die blaar is fyn behaard.

Balsemwormkruid bloei aan die einde van die somer met geelgroen buisblommetjies in 4-8 mm groot hofies. Dit vorm 'n skermagtige pluimvormige bloeiwyse wat sterk na essensiële olie ruik. Die plant produseer verskillende essensiële olies, insluitend heelwat karvoon en in 'n mindere mate kanfer en tujoon.

Verspreiding Die spesie is inheems aan Iran, Irak, Krim, Siprus, Transkaukasus en Turkye

Bron Plants of the World Online

Kategorie:Kruie Kategorie:Flora van Iran Kategorie:Flora van Irak Kategorie:Flora van die Krim Kategorie:Flora van Siprus Kategorie:Flora van Turkye