Spinasie, soos gebruik in Afrikaans, kan na verskillende blaargewasse verwys.

"Gewone" of "egte" spinasie,Albertyn, C.F. (red), Afrikaanse Kinderensiklopedie (Nasionale Boekhandel Bpk.: 1963) 4:375 oftewel spinacia oleracea,Odendal, F.F. (red), HAT: Verklarende handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (Johannesburg: Perskor, 1984), bl. 1044. is die gewas wat in verskeie dele van die wêreld as "spinasie" bekend staan. Die blare is dun en kleiner as byvoorbeeld dié van spinasiebeet (sien hieronder). Snybeet,op sit HAT: Verklarende handwoordeboek bl. 1022. ook genoem spinasiebeet of blaarbeet (beta vulgaris subsp. vulgaris var. vulgaris of cicla) is baie nou verwant aan beet en het herkenbare dik, geribde blare aan stele wat uit die grond groei. Ook die blare van gewone beet kan soos snybeet voorberei word. Dit is veral in Suid-Afrika, maar ook in Australië, dat "spinasie" ook na hierdie plant verwys.Bruce Donaldson. The Influence of English on Afrikaans (Pretoria: 1991). Aanlyn verkrygbaar by dbnl.org. Tropiese spinasie (verskeie variëteite in die genus Amaranthus.Wêreldspektrum (Epping: Printpak Bpk, 1983) 9:191) 'n Volksnaam vir een van die Amaranthus-variëteite is hanekam, wat, saam met 'n ander variëteit, ook as "morogo" bekend is ("morogo" is die Sotho-/Tswanawoord vir "groente" en verwys eintlik na verskillende donkergroen blaargewasse). Sommige tale verwys ook na morogo as "Afrika-spinasie". Die Afrikaanse naam "hanekam" word egter ook gebruik vir 'n verskeidenheid sierplante wat nie noodwendig eetbaar is nie.

Spinasiebeet

Spinasiebeet (Beta vulgaris subsp. vulgaris var. vulgaris, soms ook Beta vulgaris subsp. vulgaris var. cicla), 17 November 2011, The New York Times is 'n blaarryke groen groente wat in verskeie kulture se kookkuns gebruik word. Die blare kan groen of rooierig gekleur wees; spinasiebeet se stingels wissel ook in kleur. Spinasie word gekweek om hoogs voedsame blare te hê en word beskou as een van die gesondste groentes beskikbaar, dit maak dit 'n gewilde toevoeging tot 'n gesonde dieet (soos ander groen blaargroentes).whfoods.org , World's Healthiest Foods, George Mateljan Foundation, 17 November 2011 Spinasie bestaan al vir eeue lank, maar as gevolg van sy ooreenkoms met beet is dit moeilik om die presiese ontwikkeling van die verskillende variëteite van spinasie en beet te bepaal.cliffordawright.com, 17 November 2011, Clifford A. Wright

Verwysings

Kategorie:Groente