Die Groot Slawemeer (Engels: Great Slave Lake, Frans: Grand Lac des Esclaves) is die tiende grootste meer ter wêreld, die vyfde grootste meer in Noord-Amerika en die tweede grootste meer in Kanada, buite die Groot Mere, ná die Groot Beremeer. Dit is in die Noordwestelike gebiede in die noorde van Kanada, suidoos van die Groot Beremeer geleë en het 'n oppervlakte van 27 200 km². Die Groot Slawemeer word deur die Mackenzierivier, wat in die westelike deel van die meer ontspring, met die Arktiese Oseaan verbind. Aan die noordelike oewer van die Groot Slawemeer is Yellowknife, die hoofstad van die Noordwestelike gebiede geleë.

duimnael|links|Die Groot Slawemeer by Yellowknife Die Groot Slawemeer is nie na Slawe genoem nie; die naam is afgelei van die Slavey, 'n Eerste Nasie wat in die gebied gebly het. Die Indiaanse bevolking is in Engels vroeër Slave genoem, maar die naam is later na Slavey verander om 'n assosiasie met slawerny te vermy. Die naam van die meer is egter nie aangepas nie.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Mere in Kanada Kategorie:Noordwestelike gebiede