UmbriëUmbria 70px|Umbrië se wapen 150px|Umbrië se vlag Algemene gegewens Land: Hoofstad: Perugia Administratiewe verdeling: 2 provinsies Oppervlakte: 8 456 vk km Bevolking: 889 001 (2016) Bevolkingsdigtheid: 110 inwoners per vk km Webwerf: regione.umbria.it President: Donatella Tesei (Lega Nord) Kaart 270px|Die ligging van Kampanië in Italië

Umbrië (Italiaans: Umbria) is 'n streek in sentraal Italië. Umbrië grens in die weste aan Toskane, in die noorde en ooste aan Marke en in die suide aan Latium. Die streek beslaan 8 456 km² en het 886 239 inwoners in 2012 gehad.citypopulation.de (Umbria) Die streek se hoofstad, Perugia, het ongeveer 168 duisend inwoners.

Geskiedenis

Umbria was 'n gewes in die antieke Italië, wat na sy bewoners, die proto-Italiese volk van die Umbri (Umbriërs) bewoon is. Dit was, onder die amptelike Latynse naam Regio VI Umbria, ook een van die veertien geweste waarin Augustus Italia onderverdeel het.

Die Umbri het oorspronklik 'n groter gebied bewoon, wat tot by die Porivier in die noorde gestrek het, maar is in die loop van die geskiedenis deur die Etruskers na hulle latere kleiner tuisland in die Appenyne-bergreeks teruggedring. In die tydperk van die 4de tot 2de eeu v.C. het die Umbri geleidelik onder Romeinse heerskappy gekom.

Die huidige Italiaanse Umbrië kom net gedeeltelik met die antieke gewes ooreen, wat van Narni in die suide in noordoostelike rigting tot by die omgewing van Ravenna aan die Adriatiese kus gestrek het en dus ook 'n groot deel van Sentraal-Italië ingesluit het, en wat tans by die Marche behoort. Die Sabynse gebiede in die omgewing van die moderne Norcia en die regteroewer van die Tiber was destyds nog nie by Umbria ingesluit nie en het deel uitgemaak van die Romeinse gewes Etruria. In hierdie gebiede was onder meer Perusia (die huidige Perugia) en Sarsina (die geboortestad van Plautus) geleë.

Politiek In die streeksverkiesing van 2019 het die Lega Nord 'n verrassende oorwinning in die tradisioneel linksgesinde Umbrië behaal.

Provinsies Die streek word in twee provinsies opgedeel: Perugia Terni

Verwysings

Eksterne skakels