200px Marcel Proust

Franse skrywer, kritikus en essayis

Handtekening 180px|class=skin-invert

Gebore 10 Julie 1871 in Auteuil, Parys, Frankryk

Oorlede 18 November 1922 in Parys, Frankryk

Literêre stroming ImpressionismeModernisme

Bekende werke 180px À la recherce du temps perdu (1913-1927) Valentin Louis Georges Eugène Marcel Proust ([maʁsɛl pʁust]; * 10 Julie 1871, † 18 November 1922) was 'n Franse skrywer, kritikus en essayis wat veral met sy omvangryke roman en hoofwerk À la recherche du temps perdu ("Op soek na verlore tyd") bekendheid verwerf het.

In dié werk, wat tussen 1913 en 1927 in sewe boekdele gepubliseer is, gee Proust 'n noukeurige beskrywing van die mondaine, gesofistikeerde Franse samelewing in die Belle Époque- of Fin de siècle-tydperk met al sy aspekte. Die struktuur van À la recherche du temps perdu was rigtingwysend vir die ontwikkeling van die moderne roman. Opvallend is die sirkulariteit van ruimte en tyd. Die gebeure word nie meer in 'n chronologiese volgorde vertel nie; die verlede en teenswoordige tyd loop parallel met mekaar.Dr. Detlef Langermann (red.): Duden Abiturwissen Literatur. Tweede hersiene uitgawe. Mannheim, Leipzig, Wene en Zürich: Dudenverlag 2007. Berlyn en Frankfurt am Main: DUDEN PAETEC Schulbuchverlag 2007, bl. 355-356

Lewe Proust is op 10 Julie 1871 in die huis van sy grootoom in Auteuil in die suidweste van die 16de Paryse stadsdistrik (arrondissement) gebore, twee maande nadat die Frans-Pruisiese Oorlog met die Vredesverdrag van Frankfurt formeel beëindig is. Parys is destyds deur swaar onluste - die sogenaamde Paryse Kommune - geruk, en tienduisende mense het in die bloedige onderdrukking daarvan gesterf. Proust het sy kinderjare in die vroeë Franse Derde Republiek deurgebring, en dit is juis die groot sosiale omwentelinge van die Fin de siècle, soos die agteruitgang van die Franse adel en die opkoms van die middelklas, wat sentraal staan in Proust se hoofwerk.

Bibliografie Romans À la recherche du temps perdu (In Search of Lost Time, Op soek na verlore tyd, uitgegee in sewe volumes, voorheen in Engels vertaal as Remembrance of Things Past) (1913–1927) Du côté de chez Swann (Swann's Way, somtyds in Engels vertaal as The Way by Swann's) (1913) À l'ombre des jeunes filles en fleurs (In the Shadow of Young Girls in Flower, ook in Engels vertaal as Within a Budding Grove) (1919) Le Côté de Guermantes (The Guermantes Way, oorspronklik uitgegee in twee volumes) (1920–1921) Sodome et Gomorrhe (oorspronklik uitgegee in twee volumes, somtyds in Engels vertaal as Cities of the Plain) (1921–1922) La Prisonnière (Die gevangene) (1923) Albertine disparue (The Fugitive, Die voortvlugtige. Ook getiteld La Fugitive. Somtyds in Engels vertaal as The Sweet Cheat Gone of Albertine Gone) (1925) Le Temps retrouvé (Time Regained. Ook in Engels vertaal as Finding Time Again en The Past Recaptured) (1927) Jean Santeuil (1896–1900, onvoltooide roman in drie volumes. Postuum gepubliseer – 1952)

Kortverhaalbundels Early Stories (kortverhale postuum gepubliseer) Les plaisirs et les jours (Pleasures and Days; illustrasies deur Madeleine Lemaire, voorwoord deur Anatole France met vier klavierwerke deur Reynaldo Hahn) (1896)

Niefiksie Pastiches et mélanges (Pastiches, of The Lemoine Affair – 'n versameling) (1919) Contre Sainte-Beuve: suivi de Nouveaux mélanges (Against Sainte-Beuve) (postuum gepubliseer in 1954)

Vertalings van John Ruskin La Bible d'Amiens (vertaling van The Bible of Amiens) (1896) Sésame et les lys: des trésors des rois, des jardins des reines (vertaling van Sesame and Lilies) (1906)

Galery

Verwysings

Eksterne skakels Essays in Afrikaans Alta Coertzen: Om Proust te lees is om met jouself gekonfronteer te word. In: LitNet SeminaarKamer, 19 November 2013

Kategorie:Franse essayiste Kategorie:Franse Jode Kategorie:Franse letterkundige kritici Kategorie:Franse skrywers Kategorie:Geboortes in 1871 Kategorie:Sterftes in 1922