Deksametasoon 150px|Deksametasoon in 3D voorgestel 150px|Chemiese struktuur Chemie Chemiese formule C22H29FO5 Molêre massa 392.461 g/mol CAS registernommer 50-02-2 Farmakokinetika Roete van toediening mondelings, IM- , IV- , SC- en IO-inspuiting Biobeskikbaarheid 80-90% Proteïengebonde 77% Metabolisme lewer Eliminasie-halfleeftyd 190 minute Uitskeidingsroete urien (65%) duimnael|Deksametasoon Deksametasoon is 'n kragtige sintetiese lid in die klas van glukokortikosteroïed geneesmiddels met anti-inflammatoriese en immuunonderdrukkende effekte. Dit is 25 keer meer potent as kortisol in sy glukokortikoïed effek, maar met 'n minimale mineraalkortikoied effek.

Dit is op die WGO se lys van noodsaaklike medisyne, 'n lys van die belangrikste medikasie wat nodig is in enige basiese gesondheidsisteem.

Deksametasoon word gebruik om verskeie inflammatoriese en outo-immuuntoestande soos rumatoïede artritis en brongospasme te behandel.

Dit word ook in klein hoeveelhede voor of na sommige tandheelkundige chirurgie toegedien, soos by die trek van verstandtande, 'n operasie wat die pasiënt dikwels met opgeswelde wange laat.

Dit kan ingespuit word in die hak van die voet vir die behandeling van soolvratte, soms in samewerking met triamsinoloon asetonied.

Dit is nuttig om allergiese anafilaktiese skok teen te werk, indien in hoog genoeg dosisse toegedien.

Dit is teenwoordig in sekere oogdruppels - veral gebruik ná oogchirurgie. Ook beskikbaar as 'n neussproei en in sekere oor-druppels (bv. in Sofradex ®, 'n gekombinasie van 'n antibiotikum en 'n antifungusmiddel).

Verwysings

Kategorie:Geneesmiddels Kategorie:Wêreldgesondheidsorganisasie se essensiële medisynelys