duimnael|Ses Romeense vlieëniers saam met kapt. Fisher op Kimberley-lughawe, 24 April 1935 Kimberley-lughawe (IATA: KIM, ICAO: FAKM) is 'n lughawe wat Kimberley in die Noord-Kaap van Suid-Afrika bedien.

Infrastruktuur Die lughawe lê 1 204 meter (3 930 voet) bo seevlak en het twee geteerde aanloopbane: 02/20 wat 3 000 meter lank en 46 meter breed is, en 10/28 wat 2 439 meter x 46 m is.

Ongerigte radiobaken - KM365.0 VHF alle-rigting reikwydte - KYV113.2 Loodsbeheerde beligting - 5 klieke op 118.6

Lugdienste en bestemmings SA Airlink en South African Express verbind die lughawe met die O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg en die Kaapstad Internasionale Lughawe.

Passasiersvolumes + '''Jaarlikse volume Jaar Passasiers % verskil 2006 129 037 31,5% 2007 147 275 14,1% 2008 155 615 5,7% 2009 130 506 11,6% 2010 132 756 1,7% 2011 135 939 2,4% 2012 153 125 12,6% 2013 152 667 0,3% 2014 163 138 6.9% 2015 161 151 1.2% 2016 179 599 11.4% 2017 170 042 5.3%

Verwysings

Eksterne skakels Kimberley-lughawe Meer inligting oor Kimberley Lugfoto op Google Maps

Kategorie:Geboue en strukture in Kimberley Kategorie:Lughawens in Suid-Afrika