ChristoforusChristopher. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.Mann, H. (1908). Pope Christopher. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Retrieved May 11, 2014 from New Advent: http://www.newadvent.org/cathen/03729a.htmwas 'n teenpous tydens die pontifikaat van Pous Leo V vir 'n kort tydjie van Oktober 903 tot ongeveer Januarie 904. Sy legitimiteit is omstrede maar hy is wel vir 'n lang tyd as wettige pous opgeneem in die amptelike lys die “Annuario Pontificio” en die Liber Pontificalis.Liber Pontificalis, II, ed. Duchesne;
Christoforus was 'n kardinaal-priester van St. Lorenzo in Damaso.Miranda, S., The Cardinals of the Holy Roman Church. http://www2.fiu.edu/~mirandas/bios900.htm#Cristoforo Hy het pous geword deur sy voorganger Pous Leo V af te set. Pous Leo is gevange geneem en is kort daarna oorlede. Na die dood van Leo word Christoforus as die wettige pous beskou. Daar word ook melding gemaak van 'n verkiesing terwyl Leo nog geleef het.
In die begin van die 10de eeu was Rome nie 'n rustige plek nie. Daar was wyd verspreide korrupsie en alliansies was baie onstabiel. Christoforus word al na omtrent drie maande verdryf en Pous Sergius III volg hom op.
Verder is nie veel bekend oor die res van sy lewe nie. Party bronne sê hy is gevange gehou in dieselfde gevangenis as Leo V en daar vermoor is Ernst Dümmler, Auxilius und Vulgarius (Leipzig, 1866), 160, 135.ander bronne vermeld 'n “godsdienstige lewe” as monnik.Chronicle of Hermannus Contractus, ad an. 904.
Verwysings
Kategorie:Sterftes in 904 Christoforus