Zanele kaMagwaza-Msibi (gebore 1 Februarie 1962 - 6 September 2021) was die burgemeester van Zululand-distriksmunisipaliteit in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika, en die president van die Nasionale Vryheidsparty (NFP). Sy was voorheen voorsitter van die Inkatha Vryheidsparty (IVP) en die IVP se premierskandidaat vir KwaZulu-Natal in die algemene verkiesing van 2009.
Op 7 Mei 2014 het haar nuwe party die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2014 suksesvol betwis deur 288 742 (1,57%) van die nasionale stemme te trek. Hierdie resultaat plaas die NFP in die vyfde plek landswyd, na die Inkatha Vryheidsparty, maar ver voor die UDM en Vryheidsfront Plus partye.
Sy sterf op 6 September 2021 in 'n hospitaal in Durban, ouderdom 59, weens Covid-19.National Freedom Party leader Zanele kaMagwaza-Msibi dies Besoek 6 September 2021
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1962 Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Politici van die National Freedom Party Kategorie:Politici van die Inkatha-Vryheidsparty Kategorie:Suid-Afrikaanse burgemeesters Kategorie:Sterftes aan Kovis-19 Kategorie:Sterftes in 2021