Die Oos-Londenlughawe (IATA: ELS, ICAO: FAEL) is 'n lughawe wat Oos-Londen, 'n stad in die Oos-Kaap, bedien. Op 23 Februarie 2021 is die lughawe na Koning Phalo Internasionale Lughawe hernoem.

Oos-Londen is 'n klein maar besige lughawe wat 'n belangrike rol in die ekonomiese groei van die Oos-Kaap speel. Elke dag verwelkom dit tussen 20 en 30 vlugte – wat jaarliks 346 000 mense na Oos-Londen bring. Hiervan is meer as 140 000 vakansiegangers, meestal plaaslik, en sowat 15% is buitelandse toeriste. In 2013 het die lughawe 658 363 passasiers hanteer.

Geskiedenis Die lughawe het in 1927 ontstaan, toe lt-kol. Alistair Miller die Oos-Londense stadsraad om hulp genader het om 'n munisipale lughawe by Woodbrook, wes van die stad, op te rig.

Passasiervlugte is deur twee De Havilland Moth vliegtuie onderneem op 'n Saterdagmiddag en heeldag op Sondae, indien die weer dit toegelaat het. Vlugte kon ook bespreek word vir weeksdae, maar slegs met spesiale reëlings. In 1931 het 'n vlug van Windhoek in Namibië na Oos-Londen 11 uur geduur.

In 1944 is 'n nuwe lughawe op Collondale gebou, ongeveer 2 km wes van die huidige terminaalgebou.

In 1965 het die lughawe weer geskuif, dié keer na sy huidige perseel, 9 km wes van die middestad. Konstruksie van die terminaalgebou is in 1966 voltooi en die lughawe is vernoem na Ben Schoeman, die minister van vervoer van daardie tyd.

Die lughawe is herdoop in 1994. Sedertdien is groot veranderings aan die eindpuntgebou voltooi en 'n nuwe eerste verdieping kantoorontwikkeling is vir die lughawe se bestuurspan bygevoeg.

Infrastruktuur Die lughawe lê 133 meter (435 voet) bo seevlak en het twee geteerde aanloopbane, by name 11/29 wat 1 939 meter lank en 46 meter breed is, en 06/24 wat 1 585 meter lank en 46 meter breed is.

Lugdienste en bestemmings

Passasiers Airlink verbind die lughawe met Johannesburg-O.R. Tambo British Airways met Johannesburg-O.R. Tambo, Kaapstad en Durban-Koning Shaka. FlySafair met Kaapstad, Durban-Koning Shaka, en Johannesburg-O.R. Tambo

Vrag BidAir Cargobidaircargo.com - Network besoek op 13 Januarie 2021 Johannesburg-O.R. Tambo

Passasiersvolumes + Jaarlikse volume Jaar Passasiers % verskil 2006 664 824  19,2% 2007 744 949  12,1% 2008 715 206  4,0% 2009 675 980  5,5% 2010 671 895  0,6% 2011 681 741  1,5% 2012 663 115  2,7% 2013 658 363  0,7% 2014 642 085  2,5% 2015 678 989  5,7% 2016 806 437  18,8% 2017 804 741  0,2%

Ongelukke Op 13 Maart 1967 het die Suid-Afrikaanse Lugdiens se Vlug 406 (die Rietbok) in die see neergestort terwyl dit Oos-Londenlughawe genader het. Al 25 die passasiers en bemanning aanboord het omgekom.

Verwysings

Kategorie:Geboue en strukture in Oos-Londen Kategorie:Lughawens in Suid-Afrika