duimnael|400px|Een spelfout en drie spasiefoute opgemerk: Sportskompleks* (sportkompleks), sportscomplex* (sports complex) drank gebruik* (drankgebruik) en rommel strooi* (rommelstrooi). duimnael|350px|"Hoopstraat" is die korrekte spelling. duimnael|350px|Amptelik verkeerd: Landdroskantoor is die korrekte spelwyse. duimnael|350px|Kry jou ry: Wegsleepsone is een woord; 'n koppelteken ontbreek.
'n Spasiefout by kontinentale Germaanse tale verwys na die verskynsel waar woorde wat deel is van 'n samestelling los van mekaar geskryf word (met 'n spasie tussenin), terwyl die spelreëls voorskryf dat hul vas of met 'n koppelteken geskryf moet word. Dit kom veral voor by samestellings wat uit lang woorddele bestaan, of waarvan een van die woorddele 'n eienaam of handelsnaam is.
Volgens die Afrikaanse woordelys en spelreëls word spasiefoute in Afrikaans gewoonlik gemaak weens voortdurende kontak met Engels, waar die los of vas skryf in baie gevalle nie so konsekwent soos in Afrikaans is nie.
Voorbeelde Spasiefout Regte spelling Drank gebruik Drankgebruik Hoë spoed trein Hoëspoedtrein Hoop Straat Hoopstraat IBM rekenaar IBM-rekenaar Rommel strooi Rommelstrooi Spasie fout Spasiefout Sport kompleks Sportkompleks Web bladsy Webbladsy
Bron Afrikaanse woordelys en spelreëls, 10de uitgawe. bl. 112-113
Kategorie:Taal