Mthatha-lughawe (IATA: UTT, ICAO: FAUT) is 'n lughawe wat Mthatha in die Oos-Kaap bedien. Die lughawe het voorheen as die K. D. Matanzima-lughawe bekend gestaan, genoem na Kaiser Matanzima, destyds president van die voormalige Transkei tuisland.

Infrastruktuur Die lughawe lê 740 meter (2 429 voet) bo seevlak en het een geteerde aanloopbaan (aangewys as 14/32) wat 2 600 meter lank en 45 meter breed is. Verder bestaan daar slegs die nodigste geriewe.

Lugdienste en bestemmings SA Airlink verbind die lughawe met die O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg.

Verwysings

Eksterne skakels Kaart by SkyVector Heersende weerstoestande te Mthatha-lughawe Ongeluksverslag vir Mthatha-lughawe (UTT/FAUT)

Kategorie:Lughawens in Suid-Afrika Kategorie:Mthatha