Die volgende is voorbeelde van argaïsmes. Die eerste reeks woorde is afkomstig uit die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT), wat bemerk kan word aan "verouderd" of "histories" wat neffens 'n uitdrukking of term aangedui word.
Heelparty woorde word uit woordeboeke weggelaat soos die tyd aanbeweeg. Van die redes sluit in: die opsetlike weglaat van streektaalvorme om standaardiseringsdoeleindes; die wysiging van spelreëls soos bepaal word deur die moderne AWS; die doelbewuste wegdoen van neerhalende, rassistiese, seksistiese of genderleksikon (taalpolitiek); plek wat ingeruim moet word vir neologismes; sowel as 'n verskraling in die gebruik van 'n spesifieke woord in 'n sekere tydgleuf. Die doel van de tweede lys (Ander voorbeelde) is om as barometer te dien van watter woorde tans uitgedien is. Dit kan as 'n moontlike toekomstige voedingsbron vir nuwe woorde dien (deur herlewing), of dit kan 'n beter geskiedkundige prentjie skets van taalgeskiedenis wat betref die 20ste eeu.
HAT A aanbel aanbelang aandien aankomde (volgende, eerskomende) aapskeloeder AB-jab absent (afwesig) adret aftob Algemeenbeskaaf(d) (standaardtaal) amegtig ampsbekleder / ampsbekleër (ampsdraer) antimakassar asiel (as 'n inrigting vir kranksinniges) Avondmaal / Awendmaal awend (aand)
B badplaas (strandplek) badskamer (badkamer) baker beatnik bedil bedilal bedillerig bedolwe bedsermoen beeldradio (televisie) beeldsend beeltenis befloers behoef “dit is dan so beslote” besonke bestolene besuide betoorgrootmoeder betoorgrootvader beurtbly beween bil bloubottel boekanier boerematriek bog (vir draai, buiging, kromming) bombarie borrie (’n draagbaar om hooi, vrugte ens. te dra) bors(t)rok braaf (in die Nederlandse sin van goed, deugsaam – ’n Brawe Hendrikkie) breekwater (dwangarbeid as vonnis) busseltjie
C Chaldeër (in die sin van ’n sterrewiggelaar, of waarsêer)
D daag (dag word) daagliks/daeliks “voor dag en dou” dag (Ek dag jy weet dit) dagorde (Neerlandisme vir agenda) damesgek dandy dato denk (as ’n werkwoord op sy eie) derf/derwe des (van die) desennium (dekade) deser (van hierdie/ van hierdie maand) deurheen deursig dia diapositief dien (met dien verstande) dienaar donkiebrekfis doopgetuie draadloos (vir radio) dragonder drenk (laat drink) dubbeljoe dubbeltjie duim (maateenheid) duit (geldeenheid) dukaat durabel dyn (joune)
E eksempel elkaar elkers elpebeen enerlei enigerlei enquête erd es (vuurmaakplek) estimasie (skatting) estimeer (skat, raam)
F faveur fidusie (vertroue) fiedel fonograaf fonogram fonologie (afdeling in die taalkunde wat handel oor klankveranderinge) fornuis (stoof) fors frank (frank en vry) frivoliteit frivool
G gaarde gading gansegaar garde (krygsmanne) gebroeders gedorie(waar) geheimskrywer (ou benaming vir sekretaris) gekog gekrook gekurkte (sigaret) gelaars(d) gelag (is sy letterlike betekenis van gesamentlike koste van ’n geselskap by ’n kroeg of kafee) gemak (toilet) gemakshuisie gemelik gener (te ~ tyd) generale (~ sinode/vergadering) generlei genote (~ rus, spyse) geslaene gesonge gestig (inrigting) gestreng geswind gevogelte gewend gewrog ghienie gimnasium (benaming van enkele skole aan Suid-Afrika) ginds glaas- goedertieren goedlags gorletbeker, gorletkan gorletkom grammofoon gramradio groothertog groos (trots)
H haard haarlaat haarlemensis, haarlemmerolie hak (kap) halfkap halftentwa halsknopie halsreg haperig (twyfelend) hardepad harlaboerla harmonika (mondfluitjie) harpenaar “van hawer tot gort” hebbe heel (hy “heel” met ’n sindikaat) heer (menigte of leër) heerskaar heester hefskroefvliegtuig (helikopter) heidin heler (iemand wat “heel”) hendikep her (gelede; ook “hierheen”/”herwaarts”) herbergier herneutermes heug “heup en skenkel slaan” hink-stap-sprong (vir driesprong) historie hoepelrok hof (vir tuin) Hooghollands (Nederlands, soos in Suid-Afrika vroeër geskryf en geleer is) hostel (koshuis) houthakker houtjie (tolletjie) huik huisvrou (as eggenote) hyserbediener
I ieder iedereen imperiaal (papierformaat) ingesonke innaai (boekbindery, naaldwerk) insien (nagaan, deurlees) introduksie intyds (betyds)
J japon jentelman/jintelman jingo jongedame jongedogter jongejuffrou jongeling jongenskool (seunskool) jongere jongetjie jongslede juts
K kabaal (verbond, samespanning) kabriolet kafdoppies kalamiteit kaper (seerower) kapittelstokkie kaplaars “’n bende van Kardoes” karga karkis karos karosserie karpet kasjet (stempel) Kaspaas katderm (vioolsnaar) katjang ~boontjie, ~ghorrie (grondboontjie) katlagter (kanon) katsels kavalier kaveer keldertjie (kissie met likeurflesse) kemel kin (vir “ken”) kenning kerkdorp kerkhuis kerkvers keurslyf kurang kindere (Die kindere Israels) kindeke kindertuin kinds (kens) klapbroek kleedtafel klereklopper klipkuil kloek (dapper) kloekheid kloekmoedig kloot (koeël) kloset (toilet) knaap (lessenaar) knaks kneding knee knikkebol knoet (Russiese gesel) knoopstewel knuis koen (dapper) “van Koerland se vleis eet” (lui wees) koewertuur koffiehuis (nie-alkoholiese eet-en-drinkplek in die openbaar) “land van Kokanje” (luilekkerland) Kolonialer (vir inwoners in Kaapprovinsie tydens Tweede Vryheidsoorlog) komaf (afkoms) kommosie kompanjie (deesdae word slegs Kie. gebruik) kompanjon kompleksie komplimenteus kondee konfiture konfoor konsensie konsent konserf konserveer konterfeit (skilder, afbeeld) konterfeitsel (portret) kontramine kontrarie kooi (bed) koorssiekte (Malaria) kop of munt (eerder kruis of munt) kopek koringharp korselet kraam (kraambed) krawat (ou benaming vir das) kryg (oorlog/stryd) kryger kwerulant kwispedoor (spoegbakkie)
L laars laken (wolstof) lakense “Die land aan iets hê” landauer landheer langwylig lasaret (hospitaal vir melaatses) lasarus (melaatsheid) ledekant leerjonge leërskare leesdiens leeuin lemmie (glasalbaster in limonadebottel) lende (bv. uit die lendene van Abraham) let (verhinder) letterbak letterkas letterspesie / ~spys “van liewerlee” langsamerhand limiet loes (’n loesing gee, pak gee, tugtig) loodsout loopjonge “te loor gaan” (verlore raak) lor lui (“mense”, tans nog deel van sakelui) luifel luuksueus lykmaal
M maagskap magistraat (landdros) magistratuur makel (vlek, gebrek) mandoor mannin manuaal (vir handboek) margine (kantlyn) marskramer masjiensetter mat (Spaanse mat (munt)) matesis (wiskunde) meester (onderwyser) meesteres melksalon menigwerf merg metropolis (moederstad, bv. Kaapstad van Suid-Afrika) “iemand die mette lees” middelkerk mikstuur millibar mirakuleus misbakke misdui mitsgaders moede moedervlek moestas (snor) mog morrie (nooi van ’n eendstert) mouskakel mylmeter mylpaal (afstandspaal) mylwyser “gedenk myner” (dink aan my)
N naaister naak (nader) nael (spyker) naelvas (met spykers vasgesit) nagee nagkabaai nagwa Nataller Natals Nederduits (Nederlands) neef (as aanspreekvorm vir ’n man jonger of min of meer dieselfde ouderdom as jy) negosiant (koopman) negosie (handel) negosiegoed negosiewinkel nierknyper (’n soort saal of mansbroek) nig (as aanspreekvorm vir ’n vrou jonger of min of meer dieselfde ouderdom as jy) node noi nonna noot (neut) nopens Normaal (verkorting van Normaalkollege) nors/noors notedop “nu en dan” (af en toe, partykeer) nuffie nummer (nommer) nurks nutte nylperd (seekoei)
O oblaat (misbrood) oblietjie obsoleet oggendty olel “in die dae van olim” “per omgaande pos” omnibus (vervoermiddel) omroep (uitsaaidiens) omsons (tevergeefs) onbesuis onderseeboot / onderseër (duikboot) ongans ongewroke onnosel (naïef) onpassabel ontgaan (wangedrag) ontketen (van kettings bevry) ontstentenis (afwesigheid) onverlet onverskillig (eenders) onvrye oorlap (oorlel) oorly (sterf) oortjie (een kwart van ’n pennie) opdat (met die bedoeling, sodat) opgaan (gaan aflê) opsetting opwag (staan en wag totdat iemand opdaag) oragie orasie oulap (pennie) ounooi oupaaijaan outa, outata outomobiel
P paai (pa, ou kêrel, sukkelaar) Padvinder (Boy Scout) page (hofknapie) pagter pantoen papa (pappa) paregorie parogie parool (wagwoord) pendule (klok) penkop pennie perdekrag peseta piano (klavier) pint pleeg (gewoon wees) ploeg (versamelnaam vir ’n werkspan; bv. ’n ploeg arbeiders) ploegbaas (voorman of opsigter van ’n ploeg arbeiders) plunje poliets portfisiedeur postiljon predikaattrein prikkel (stok waarmee diere aangedryf word) proefsteen proewe promovenda provenier
R ransel (’n rugsak) rapallie razzia rededeel referte regentes regisseuse (dag)register regulus reikhals rekel (kwajong) “buite die waard reken” (moeilikhede onderskat) rekenaar (boek met antwoorde of berekenings of iemand wat knap kan reken) rekenliniaal rentmeester (tesourier) rep (jou haas) retikule retirade (toilet) riempiesvelskoen riggel robbies “soos ’n stem des roepende in die woestyn” (vergelyk Markus 1:3) Rooie (Engelsman, jingo, Kommunis) rywiel (fiets)
S sabander (weghardloop) sakkerloot!/sapperloot! (tussenwerpsel) sameet (fluweel) sandkoker scudo seëpraal / segepraal seil (as sinekdogee vir ’n skip) seilklaar (seeklaar) sekreet (toilet) sekse (geslag) selfbevlekking seminaris sentenaar sermoen sesponder sesvoeter sethaak setmasjien settery seur siekehuis (hospitaal) sieltogend (sterwend) sieltoog sier (baie klein, uiters min) sig (voornaamwoord wat “hom”, “haar” of “jou” vervang) “by my siks” (by my siel!) silisium (silikon) siltig silwerkollekte sinds sinjeur sipier sjofel skaak (’n jong vrou ontvoer) skaftyd (uitskeityd, etenstyd) skafuur (etensuur) “skalt en walt” (rondslenter) skamelbord skarminkel (lang, skraal mens) skeet (’n wind laat) skier (byna, amper) skooier (rondloper, bedelaar) skoolkomitee (“skoolbeheerliggaam”) skoolmeester (onderwyser) skort (voorskoot) skryfburo (skryftafel) skryn (kissie) slaapmus / nagmus “So maer/sleg lyk soos die dood in Sluiters” “Met snaar en stramboel (tamboer) reis” (te voetreis) snee sneef/snewe snood (gemeen, slegs, misdadig) soas (soos) so-effe (so-ewe) sokophouer sollisitant sollisitasie sollisitasiebrief sollisiteer sosiëteit sottin spaaider vroeë en (spade) reëns Spanjool (vuilsiekte) spatbord (modderskerm) speelster (toneelspeelster) spesie (muntgeld) spoelkloset (toilet) spraakkuns (grammatika) spraakleer (grammatika) spreekfilm, spreekrolprent spreekgestoelte spreekhoring (vroeër gebruik vir hardhorendes om beter te luister; ook alternatiewe benaming vir megafoon) springbron, springfontein (natuurlik waterbron waar water uit die grond uitspuit) springriem (springtou) spuitvliegtuig (straalvliegtuig) spys (kos, voedsel) staak (lang, dun stok; ook ’n tak van ’n familie die gesamentlike afstammelinge van een gemeenskaplike voorouer) stadhuiswoord; ~term stede, stee (as wisselvorm vir plek) stibium (antimoon) stof (spog) stonde (uur) stoornis (steurnis) stout (dapper) straatgerug (straatrumoer) strapasie strapats strawasie streepbroek striem (dik sweephoustreep oor die vel; ’n haal) strykriem stuiwer (halfpennie) stukadoor subiet (dadelik, onmiddellik) suffrajet sulks (dit, so iets) suurkanol (suurknol) swaelhoutjie (vuurhoutjie) swagtel swartlakense swartmerrie (lokomotief) sweepkoker te syner tyd (op die regte, die bestemde tyd) synsgelyke
T tafellaken taggentig (80) taverne (herberg) teder (vir “teer”) teekamer (klein restaurant) teesuiker tegnikon / technikon telg tentkar tessie tiekie tienponder toemotor (sedan) tonteldroog (baie droog) toorts towerlantern tramas tribuut (skatting, belasting) trippens