Colin Trevor Pillinger, FRS, CBE, (/ˈpɪlɪndʒər/; * 9 Mei 1943, † 7 Mei 2014) was 'n Britse planetêre wetenskaplike. Hy het as 'n professor by die Open University in Milton Keynes gewerk. Hy was die hoof ondersoeker vir die mislukte Britse Beagle 2 Mars Lander-projek en het ook aan 'n groep meteoriete vanaf Mars gewerk.
Pillinger is op 9 Mei 1943 in Kingswood in South Gloucestershire gebore. Hy was met Judith Mary Hunter getroud. Op 7 Mei 2014 is hy op 70-jarige ouderdom in Cambridge aan breinbloeding oorlede.
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webtuiste
Kategorie:Engelse sterrekundiges Kategorie:Engelse chemici Kategorie:Fellow of the Royal Society Kategorie:Geboortes in 1943 Kategorie:Sterftes in 2014