Abū ʿAlī al-Ḥasan ibn al-Ḥasan ibn al-Haytham (Arabies: أبو علي، الحسن بن الحسن بن الهيثم), dikwels genoem Ibn al-Haytham (in die Weste bekend as Alhazen of Alhacen; omstreeks 965 – omstreeks 1040) was ’n vooraanstaande ArabieseScience, Medicine and Technology, Ahmad Dallal, The Oxford History of Islam, red. John L. Esposito, (Oxford University Press, 1999), 192;"''Ibn al-Haytham (d. 1039) wetenskaplike, wiskundige, sterrekundige, filosoof en fisikus wat bydraes gelewer het op die terreine van optika, sterrekunde, wiskunde, meteorologie, visuele persepsie en wetenskaplike metodiek.

In die Middeleeuse Europa was sy bynaam Ptolemeus Secundus ("Ptolemeus die Tweede")Corbin, Henry (1993), History of Islamic Philosophy, vertaal deur Liadain Sherrard, Philip Sherrard, Londen: Kegan Paul International in association with Islamic Publications for The Institute of Ismaili Studies, , OCLC 22109949 221646817 22181827 225287258 of bloot "Die Fisikus".Lindberg, David C. (1976), Theories of Vision from al-Kindi to Kepler, University of Chicago Press, Chicago, , OCLC 1676198 185636643

Volgens een weergawe van sy biografieSabra, A. I. (Oktober–Desember 2003), "Ibn al-Haytham: Brief life of an Arab mathematician",Harvard Magazine, besoek op 2008-01-23 het al-Haytham geglo hy kan oorstromings van die Nyl met die toepassing van sy wiskundekennis voorkom. Nadat Al-Hakim bi-Amr Allah, die sesde heerser van die Fatimidiese Kalifaat, hom opdrag gegee het om dit te doen, het hy besef dit is nie moontlik nie. Hy het vir sy lewe gevrees en voorgegee hy is kranksinnig.Lorch, Richard (2008), "Ibn al-Haytham", Encyclopædia Britannica, besoek op 2008-08-06Grant, Edward (2008), "Alhazen", Encarta Online Encyclopedia, Microsoft, besoek op 2008-09-16 Hy is toe in huisarres geplaas. Ná Al-Hakim se dood kon hy bewys dat hy nie kranksinnig is nie, en hy het vir die res van sy lewe geld gemaak deur wiskundewerke te skryf en klas te gee.Biographies, Al-Haytham.html

Verwysings

Eksterne skakels

The Miracle of Light – ’n Unesco-artikel oor Ibn al-Haytham

Kategorie:Filosowe Kategorie:Fisici Kategorie:Sterrekundiges Kategorie:Wiskundiges Kategorie:Geboortes in 965 Kategorie:Sterftes in 1040