Giambattista della Porta (1535 - 1615), ook bekend as Giovanni Battista Della Porta en John Baptist Porta, was ’n Italiaanse geleerde, veelweter en dramaturg wat in Napels gewoon het tydens die Wetenskaplike Rewolusie en die Reformasie.
Hy het hom tydens die grootste deel van sy lewe met wetenskap besig gehou. Sy bekendste werk, wat in 1558 vir die eerste keer gepubliseer is, was Magiae Naturalis (Natuurlike Towerkrag). Daarin het hy ’n verskeidenheid onderwerpe aangeraak wat hy ondersoek het, insluitende die okkulte, astrologie, alchemie, wiskunde, meteorologie en filosofie.
Verwysings
Kategorie:Italiaanse okkultiste Kategorie:Italiaanse skrywers Kategorie:Italiaanse uitvinders Kategorie:Italiaanse wetenskaplikes Kategorie:Astroloë Kategorie:Dramaturge Kategorie:Geboortes in 1535 Kategorie:Sterftes in 1615