Bismut is 'n chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Bi en atoomgetal van 83.
Bismut word as element in die natuur aangetref, asook in lood- of koperertse. Dit is 'n taamlik seldsame element wat as ongeveer 1–2 mg per ton aangetref word. (Vir platinum is dit 5 mg/ton). Daar is bismutminerale soos bismuthiet , bismiet en bismutiet ..
In teenstelling tot ander pniktogene word bismut net in een romboëdriese allotroop aangetref wat 'n silwerwit kleur het met 'n rooierige tint. Die resitiwiteit is ongeveer 107 μΩcm wat die hoogste waarde van alle metale is. Dit het die grootste Hall-effek en dit is die mees diamagnetiese metaal van alle elemente. Saam met water en gallium is dit een van min materiale wat krimp wanneer dit smelt.Chemistry of Arsenic, Antimony and Bismuth, , Springer Science & Business Media, 1997, ,
Sien ook :Kategorie:Verbindings van bismut
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Chemiese elemente Kategorie:Hoofgroepmetale Kategorie:Alchemiese stowwe