Die nasionale vlag van die Filippyne (Filippyns: Pambansang Watawat ng Pilipinas) is op 19 Mei 1898 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n wit driehoek aan die vlagpaalkant met ’n goue sterre in elke hoek en ’n goue son in die middel en twee ewe hoë bane in blou bo en rooi onder op die wapperkant.
Die goue son in die middel van die driehoek het agt primêre strale, elkeen verteenwoordig ’n Filippynse provinsie. Die drie goue vyfpuntige sterre in elke hoek verteenwoordig een van die eilandnasie se drie hoofeilandgroepe — Luzon, Visayas en Mindanao, die sentrale ster het oorspronklik na Panay verwys.Nota: Iloilo is op Panay geleë, die eerste provinsie buite Luzon waar hierdie vlag gehys is. Volgens ’n ander interpretasie het een van die drie sterre net die eiland Panay verteenwoordig en nie die hele Visayas nie.
’n Unieke kenmerk van hierdie vlag is sy vermoë om ’n oorlogstoestand aan te dui as dit met die rooi baan bo-op vertoon word, wat effektief behaal word deur die vlag onderstebo te draai. Wanneer die vlag in oorlogstye vertikaal gebruik word, is die rooi baan links, soos gesien deur die waarnemer. In vredestyd kan die blou veld egter bo of links gesien word.
Ontwerp Simboliek 110px|duimnael|links|Die amptelike agtstralige son (3.75°-spasiëring) 110px|duimnael|’n Verkeerdelik gebruikte agtstralige son (5°-spasiëring) Die vlag van die Filippyne is reghoekig met ’n gelykhoekige driehoek wat gelykheid en broederskap voorstel; ’n horisontale blou baan wat vrede, waarheid en geregtigheid voorstel; en ’n horisontale rooi baan wat patriotisme en dapperheid voorstel. In die middel van die wit driehoek is ’n goue son met agt strale wat eenheid, vryheid, volksdemokrasie en soewereiniteit voorstel. Elke straal stel een van die eerste agt provinsies voor wat die Filippynse Rewolusie in 1896 teen Spanje begin het. Ambrosio Rianzares Bautista wat die Filippynse Onafhanklikheidsverklaring geskryf het en wat dit per geleentheid van die proklamasie op 12 Junie 1898 gelees het, het die agt provinsies as Manila, Cavite, Bulacal, Pampanga, Nueva Ecija, Tarlac, Laguna en Batangas geïdentifiseer. Die drie vyfpuntige sterre stel die drie vernaamste eilande waar die revolusie begin het, voor, nl. Luzon, Panay en Mindanao, soos genoem in die Onafhanklikheidsverklaring van 1898.
Die simboliek wat in die Onafhanklikheidsverklaring van 1898 toegeken is verskil van die huidige amptelike verduideliking. Volgens die dokument stel die wit driehoek die embleem van die Katipunan, die geheime vereniging wat Spaanse oorheersing teengestaan het, voor. In die dokument staan dat die vlag se kleure die vlag van die Verenigde State herdenk as ’n uiting van dank vir Amerikaanse beskerming teen die Spanjaarde gedurende die Filippynse Rewolusie. Daar staan ook dat een van die drie sterre die eiland Panay voorstel, eerder as die hele Visayas. Die proklamasie verklaar ook dat die son die reuse treë voorstel wat deur die seuns van die land gemaak is op die pad van vooruitgang en beskawing. Voorts word Bataan in die plek van Tarlac genoem as een van die agt provinsies wat deur die son se strale voorgestel word.
Ontwerp Die vlag het ’n hoogte-breedteverhouding van 1:2. Die lengte van alle sye van die driehoek is gelyk aan die hoogte van die vlag. Elke ster is só georiënteer dat een van die vyf punte na die hoekpunt waarin dit lê, kyk. (geargiveer van die oorspronklike op 5 Desember 2007). Die hoek van die gaping tussen twee aangrensende strale van die son is so groot soos die hoek van een straalgroepering (dus 22,5º) en die groot straal is dubbel die dikte van ’n klein straal. Uitvoerende Bevel No. 23, s. 1936 | Amptelike Gazette van die Republiek van die Filippyne Die goue son is nie presies in die middel van die driehoek nie.
350px|senter|Konstruksietekening
Kleure Die skakering van blou wat oor tyd in die vlag gebruik is verskil waarvan azul oscuro die eerste was. Die presiese aard van die skakering is onseker maar ’n waarskynlike kandidaat is die blou van die vlag van Kuba wat volgens een teorie ’n inspirasie vir die Filippynse vlag was. Spesifikasies vir die vlag se kleure met skakerings wat dieselfde as die Amerikaanse vlag is, is in 1955 deur die Nasionale Geskiedkundige Instituut aangeneem. In 1985 het president Ferdinand Marcos beveel dat die kleure na die oorspronklike ligblou en rooi van die Kubaanse vlag herstel moes word maar dit is in 1986 onmiddellik herroep na die EDSA-rewolusie waardeur Marcos uit die stoel gelig is. Vir die onafhanklikheidseeufeesviering in 1998 is die Vlag- en Heraldiese Kode van die Filippyne (Republiekwet 8491) deurgevoer met koningsblou as die amptelike skakering.
Die vlag se kleure word in die Republiekwet 8491 vasgestel in terme van hul kabelnommer in die stelsel wat deur die Kleurvereniging van die Verenigde State ontwikkel is. Die amptelike kleure en hul benaderings in ander kleurruimtes word hieronder weergegee:
KleurskemaBlouRooiWitGeel Kabelno. 80173 80108 80001 80068 Pantone 286 186 116 RGB-kleursisteem 0-56-168 206-17-38 255-255-255 252-209-22 CMYK C100-M60-Y0-K5 C0-M90-Y65-K10 C0-M0-Y0-K0 C0-M18-Y85-K0 Heksadesimaal 0038A8 CE1126 FFFFFF FCD116
Gebruik as oorlogsvaandel Die Filippyne het nie ’n afsonderlike oorlogsvlag nie; die nasionale vlag word vir daardie doel aangewend. Om ’n staat van oorlog aan te dui word die rooi baan bo gehang. Afdeling 1, Paragraaf 4: Die Vlag moet, indien dit aan ’n vlagpaal hang, die blou baan bo hê in tye van vrede en rooi in tye van oorlog; in ’n hangende posisie behoort die blou baan regs (links vir die aanskouer) te wees in tye van vrede en die rooi baan regs (links vir die aanskouer) in tye van oorlog. Republiekwet No. 8491 Hoofstuk 1, Afdeling 10: Die Vlag moet, indien dit aan ’n vlagpaal hang, die blou baan bo hê in tye van vrede en rooi in tye van oorlog; in ’n hangende posisie behoort die blou baan regs (links vir die aanskouer) te wees in tye van vrede en die rooi baan regs (links vir die aanskouer) in tye van oorlog. Hierdie oriëntasie van die vlag is gebruik gedurende die Filippyns-Amerikaanse Oorlog van 1899 tot 1901, E.A. Baja, Our Country's Flag and Heritage, 1930, Manila, p. 52 die Tweede Wêreldoorlog deur die Filippynse Gemenebes van 1941 tot 1945 en deur die Japannees-geborgde Filippynse Republiek toe oorlog teen Brittanje en die Verenigde State verklaar is in 1944, Manuel Quezon III, 10 November 2002 die Filippynse staatsgreeppogings gedurende president Corazon Aquino se bewind en EDSA III. :en:File:EDSAIII.png Die enigste keer wat dit nie omgekeer was in ’n staat van oorlog nie, was gedurende die Slag van Alapan in 1898, 15 dae nadat die vlag in Kawit, Cavite ontvou is.
Geskiedenis Geskiedkundige vlae van die Filippynse Rewolusie Sedert die 1960’s is dit algemene praktyk om die ontwikkeling van die Filippynse vlag na te spoor op die verskeie oorlogstandaarde van die indiwiduele leiers van die Katipunan, ’n pseudo-vrymesselaars rewolusionêre beweging wat Spaanse oorheersing in die Filippynse teëgestaan het en die Filippynse Rewolusie gelei het. Hoewel sommige simbole ooreengestem het met die Katipunan-vlae wat in die rewolusie aanvaar is, kan nie met sekerheid gesê word dat hierdie oorlogstandaarde as voorgangers van die huidige Filippynse vlag beskou kan word nie.
Die eerste vlag van die Katipunan was ’n rooi reghoekige vlag met ’n horisontale belyning van drie wit K’s (’n afkorting van die Katipunan se volle naam, Kataas-taasang Kagalang-galangang Katipunan ng mga Anak ng Bayan – Opperste en Agbare Genootskap van die Seuns van die Nasie). Die vlag se rooi baan het bloed voorgestel omdat lede van die Katipunan hul lidmaatskap in hul eie bloed moes onderteken.
Die verskeie leiers van die Katipunan, soos Andrés Bonifacio, Mariano Llanera en Pío del Pilar, het ook individuele oorlogstandaarde gehad. Die organisasie is in Cavite-provinsie deur twee faksies verteenwoordig: die Magdiwang-faksie en die Magdolo-faksie, elk met ’n eie vlag. Albei het ’n wit son gebruik. In plaas van die letter K het die vlae die simbool vir die lettergreep ka in die pre-Spaanse baybayin-skryfstelsel gedra.
Die Katipunan het in 1897 ’n nuwe vlag aanvaar tydens ’n vergadering in Naic, Cavite. Hierdie nuwe vlag was rooi en het ’n wit son met ’n gesig bevat. Die agt strale van die son het die agt provinsies voorgestel wat deur Spanje onder krygswet geplaas is.
Huidige vlag duimnael|Kolwyntjievlag in 2012 duimnael|Vlag van die Filippyne by die Filippynse Internasionale Konvensiesentrum Die vroeë ontwerp van die huidige Filippynse vlag is deur president Emilio Aguinaldo gekonseptualiseer gedurende sy ballingskap in 1897 in Hongkong. Die eerste vlag is deur Marcela Marino de Agoncillo en haar dogter Lorenzo gemaak met die hulp van Delfina Herbosa de Matividad (’n nig van die Propagandista José Rizal). Dit is op 28 Mei 1898 tydens ’n veldslag vir die eerste keer vertoon.
Die vlag is amptelik ontvou gedurende die onafhanklikheidsverklaring op 12 Junie 1898 in Kawit, Cavite. ’n Berig in die Manila Times deur Augusto de Viana, hoofgeskiedenisnavorser aan die Nasionale Geskiedkundige Instituut, praat van beweringe in geskiedenishandboeke en herdenkingsrituele dat die vlag vir die eerste keer in Alapan, Imus, Cavite op 28 Mei 1898 gehys is en hy haal die Presidensiële Proklamasie No. 374 van 6 Maart 1965 deur oud-president Diosdado Macapagal aan. Die berig beweer voorts dat historiese rekords daarop dui dat die eerste vertoon van die Filippynse vlag plaasgevind het in Cavitestad toe general Aguinaldo dit gedurende die eerste veldslag van die Filippynse Revolusie vertoon het.
Die vlag se oorspronklike simboliek is vervat in die teks van die onafhanklikheidsverklaring wat verwys na ’n meegaande tekening (daar is egter geen rekord van so ’n tekening nie). Die oorspronklike ontwerp van die vlag het ’n mitiese son met ’n gesig bevat, ’n simbool wat algemeen voorkom in voormalige Spaanse kolonies. Die spesifieke skakering van blou van die oorspronklike vlag is ’n bron van kontroversie. Gebaseer op oorvertelling en die paar oorblywende vlae van die era, argumenteer historici dat die kleure van die oorspronklike vlag dieselfde blou en rooi was as wat op die vlag van Kuba gevind word.
Die vlag van Kuba het die ontwerp van die Filippynse vlag beïnvloed net soos Kuba se revolusie teen Spanje tot ’n mate die Filippynse revolusie beïnvloed het.
Vyandighede tussen die Filippynse en die Verenigde State het in 1899 uitgebreek. Die vlag is die eerste keer met die rooi baan bo, op 4 Februarie 1899 vertoon om ’n oorlogsituasie aan te dui. Aguinaldo is twee jaar later deur die Amerikaners gevang en het trou gesweer aan die Verenigde State.
Met die nederlaag van die Filippynse Republiek, is die Filippyne onder Amerikaanse koloniale regering geplaas en die vertoon van die Filippynse vlag is onwettig verklaar volgens die Oproerwet van 1907. Hierdie wet is op 24 Oktober 1919 teruggetrek. . Met die vertoon van die Filippynse vlag weer gewettig was die materiaal wat beskikbaar was hoofsaaklik die rooi en blou van die vlag van die Verenigde State, daarom het die vlag van 1919 en verder die “Nasionale Vlagblou”-kleur gebruik. Op 26 Maart 1920 het die Filippynse Wetgewer Wetno. 2928 deurgevoer wat die Filippynse vlag wetlik aanvaar het as die amptelike vlag van die Filippynse Eilande. Tot op die vooraand van die Tweede Wêreldoorlog is Vlagdag jaarliks op 30 Oktober, die dag waarop die verbod opgehef is, gevier.