duimnael|Standbeelde van Roger Bannister en John Landy in Kanada
'n Droommyl is die term wat gebruik word wanneer 'n atleet daarin slaag om 'n myl (1609.344 meter) onder 4 minute te hardloop. Roger Bannister is die eerste persoon wat daarin geslaag het om 'n droommyl af te lê; sy tyd was 3:59.4. Hy het dit vermag op 6 Mei 1954. Die rekord het net ses weke gestaan tot die Australiër, John Landy, dit verbeter het tot 3:58.0.
John Walker het op 12 Augustus 1975 in Gotenburg daarin geslaag om die myl in 3:49:04 af te lê, die eerste supermyl.
Die tien vinngste mylatlete in die geskiedenis Naam Nasionaliteit Plek Datum Tyd Hicham El Guerrouj Marokko Rome 7 Julie 1999 3:43:13 Noah Ngeny Kenia Rome 7 Julie 1999 3:43:40 Noureddine Morceli Algerië Rieti 5 September 1999 3:44:39 Steve Cram Brittanje Oslo 27 Julie 1985 3:46:32 Daniel Komen Kenia Berlyn 26 Augustus 1997 3:46:38 Vénuste Niyongabo Burundi Berlyn 26 Augustus 1997 3:46:70 Saïd Aquita Marokko Helsinki 2 Julie 1987 3:46:76 Alan Webb VSA Brasschaat 21 Julie 2007 3:46:91 Bernard Lagat Kenia Rome 29 Junie 2001 3:47:28 Sebastian Coe Brittanje Brussel 28 Augustus 1981 3:47:33
Omrede die myl nie 'n Olimpiese item is nie, word dit baie min gehardloop.
Suid-Afrikaanse mylatlete De Villiers Lamprecht is die eerste Suid-Afrikaner wat 'n droommyl gehardloop het en wel in Stellenbosch op 13 November 1963 in 'n tyd van 3:59:06. Johan Fourie is die eerste persoon wat twee droommyle binne een uur gehardloop het op 9 Februarie 1987 in Stellenbosch.
Die top 10 Suid-Afrikaanse atlete:
Naam Plek Datum Tyd Sydney Maree Rieti 9 September 1981 3:48:83 Johan Fourie Port Elizabeth 11 Maart 1987 3:50:82 Juan van Deventer Oslo 6 Junie 2008 3:51:31 Graham Davidson Hengelo 1 Junie 2003 3:53:86 Bennie Greyling Durban 9 Desember 1987 3:54:59 Danie Malan Stellenbosch 26 Februarie 1975 3:54:60 Victor Radebe Port Elizabeth 11 Maart 1987 3:54:62 Johan Cronje Londen 25 Julie 2007 3:54:84 Peter van der Westhuizen Oslo 4 Oktober 2010 3:54:90 Matthews Temane Potchefstroom 9 Maart 1983 3:55:40
Bron Die eerste droommyl; Beeld; 3 Mei 2014.
Kategorie:Atletiek