Louis-Jacques-Mandé Daguerre (18 November 1787 – 10 Julie 1851) was ’n Franse kunstenaar en fotograaf wat veral bekend is vir sy uitvinding van die daguerreotipe-proses in fotografie. Hoewel hy die bekendste is vir sy bydraes tot laasgenoemde medium, was hy ook ’n suksesvolle skilder en ’n ontwikkelaar van die dioramateater.

Kategorie:Franse fotograwe Kategorie:Franse uitvinders Kategorie:Franse kunstenaars Kategorie:Geboortes in 1787 Kategorie:Sterftes in 1851